Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Berghuis @ Vadersberg

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vadersberg, Sandy's Glen-pad, 22 km vanaf Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Die Berghuis @ Vadersberg is 'n knus, afgeleë houthuisie in die hartjie van die Overberg, net 22 km van Napier af. Die huisie bied selfsorgverblyf en word deur die natuurskoon van die flora en fauna van die Elandsberge omring.

Die huisie beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers lei na 'n balkon met 'n asemrowende uitsig oor die privaat, boomryke landskap. Die badkamer het 'n instapstort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, etenstafel en knus kaggel vir koue winterdae in die woud. Vuurmaakhout word voorsien. Elektrisiteit word deur 'n sonkragstelsel voorsien. Warm water word deur 'n donkie voorsien en gaste moet dit self aansteek, wanneer warm water benodig word.

Die nabygeleë dam is ideaal indien gaste op 'n warm somersdag wil afkoel nadat hulle een van die talle roetes op die plaas te voet of fiets verken het. Die groot verskeidenheid voëls sal entoesiastiese voëlkykers vir ure besig kan hou. Gedurende die winter is daar verskeie soorte sampioene wat onder die dennebome kopuitsteek, waarvan baie eetbaar is.

Gaste word aangemoedig om hul skoene uit te skop en in hierdie rustige en afgesonderde omgewing te ontspan, en die fantastiese kos en wyn, wat die omliggende restaurante en wynkelders bied, op die proef te stel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Leonie R
Gesin met klein kinders
5.0
Onvergeetlike natuurskoon, gemaklike verblyf en die rustigheid van die plaaslewe. Berghuis is ongelooflik mooi en goed toegerus met alles wat jy benod...
Sien meer
Aug 2024
Elmarie P
Gesin met klein kinders
5.0
Goed vir ontspanning en wegbreek. Heerlik. Die huis was vir ons 'n perfekte wegbreek, ongelooflike uitsigte, baie mooi natuur. Die huis is lekker uitg...
Sien meer
Jul 2024
Heinie B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige wegbreek uit die stad se geraas is presies wat 'n mens nodig het. Ons het baie lekker gebly, maar ongelukkig was die weer nie in ons guns nie...
Sien meer
Jun 2024
Albert S
5.0
Fantastiese kothuis in die berge. Sal beslis weer besoek. Sien sterre.
Apr 2024
Leigh-anne K
5.0
Stunningly serene, safe and enveloped in nature. Our family of four had the pleasure of spending Easter weekend at Die Berghuis @ Vader...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Vadersberg, Sandy's Glen-pad, 22 km vanaf Napier, 7270, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Berghuis @ Vadersberg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vadersberg, Sandy's Glen-pad, 22 km vanaf Napier, 7270, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd5ababeaaad8da2ebab4f5ffc249ba6656006966d6ce13db18e0aef2e27a39652366cb27f7e8927dc9452aadf012eb9a899d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 Vadersberg Sandy's Glen Pad 7270 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.45189226583 19.745139474869

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang