Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Blou Huis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Annemarie P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Dit was hemel op aarde! Ons het dit verskriklik geniet by Die Blou Huis. Het heerlik gebly! Angela en haar man is vriendelik en behulpsaam en ons sien uit om weer daar te gaan bly. Pragtige en keurige blyplek van hoogstaande gehalte!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Angela
Die Blou Huis
Annemarie, ons is so bly julle het lekker uitgerus. Dankie dat julle bedagsame gaste was. Ons sien uit na 'n volgende kuier.

Hugo N
1 nag
5.0
Sep 2023

Goeie waarde vir geld. Het uit hul pad gegaan om my te akkommodeer. Baie netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Angela
Die Blou Huis
Hugo, dit was vir ons 'n plesier om jou te ontvang as 'n gas. Groete Angela

Karl F
1 nag
5.0
Feb 2023

Mooiste huis. Ons het die beste tyd gehad by die blou huis. Dit is die mooiste huis en goed geleë van die strand. Ons was baie vriendelik ontvang. Ek sou definitief die plek aanbeveel vir enige persoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Angela
Die Blou Huis
Karl, dankie vir julle vriendelike woorde. Dit was lekker om julle te ontmoet. Ons sien uit na 'n volgende kuier. Groete. Angela

Leon V
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2023

Goeie plek. Baie netjies en gerieflik. Jammer van gedurige kragonderbrekings weens foutiewe voorafbetaalmeter wat aan/af/aan/af gebreek het deur beurtkrag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Angela
Die Blou Huis
Leon, dankie vir jou terugvoer. Die munisipaliteit het Maandag oggend die meter kom vervang en bevestig dat beurtkrag die sondebok was wat die meter beskadig het. Dit is so jammer dat dit nou juis oor 'n naweek moes gebeur terwyl julle hier was. Hopelik kry ons eendag kans om mekaar weer te ontmoet.... sonder krag en beurtkrag probleme. Geseënde dag vir julle. Die Blou Huis

Neil D
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Jan 2023

2 day stop-over. Short stopover on the way home.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Angela
Die Blou Huis
Neil, ons was bly om jou en jou vriendelike gesin te ontmoet!

Anri E
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2022

Ons het heerlik gekuier, na aan die see en 'n baie veilige area. Sal definitief weer by Die Blou Huis vakansie gaan hou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Angela
Die Blou Huis
Ons is bly julle het lekker gekuier, Anri. Dankie dat julle sulke goeie gaste was. Ons sien uit na 'n volgende kuier. Groete, Angela - Die Blou Huis

Heidi J
1 nag
5.0
Des 2022

Absoluut wonderlik en waarde vir geld. Ek het een nag oorgeslaap. Super netjies ruim, gerieflik met basies alles wat ek nodig gehad het. Ek het veilig gevoel en die die area self is ook veilig. Informasie beskikbaar oor hoe alles werk en huisreëls. Baie vriendelike eienaar. Ek sal defnitief weer Die Blou Huis bespreek en die keer vir langer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Angela
Die Blou Huis
Dankie vir jou vriendelike woorde, Heidi. Dit was lekker om jou as gas te ontvang. Ons sien uit na die volgende kuier. Geseënde dag vir jou.

Niel T
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2022

Perfek in elke opsig. Angela is die perfekte gasvrou, vriendelik, behulpsaam en altyd beskikbaar. Die verblyf is nuut, modern en perfek in elke opsig. Vier volwassenes kan met gemak daar tuis gaan. Sal definitief weer gaan besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louis C
1 nag Saam met vriende
5.0
Jun 2022

Heerlike verblyf en baie naby die see. Ons was drie vriende: twee dames en een man. Die Blou Huis het twee slaapkamers en was die slaapplek dus geen probleem nie. Die een kamer het 2 enkelbeddens vir die 2 dames gehad en die ander kamer 'n dubbelbed vir die man. Die kombuis is volledig toegerus, daar was handdoeke vir elke persoon en die gasvrou, Angela, het selfs vir ons 'n liter melk, beskuit en elkeen 'n energiesjokoladetjie gegee - héérlik! Ons het nie 'n motor gehad nie, maar indien wel, sou dit agter 'n elektriese hek parkeer kon word. Ons het 'n heerlike stil, rustige en veilige nagrus geniet. Daar was nie 'n see-uitsig nie, maar dit kan geniet word deur slegs 'n paar treë van Die Blou Huis af te beweeg. Sowat 'n 100 m van die huis af is daar ook 'n parkeerarea en 'n bankie waar mense kan gaan sit en 'n pragtige see-uitsig geniet. Ons het nie nodig gehad om kosaankope te doen nie, maar dit is ook baie naby, sowat 1,4 km weg. Daar kan selfs gestap word, alhoewel dit bult-op is soontoe. Om by die strand uit te kom, is daar 144 sementtrappies om mee af te stap, of daar kan per motor met 'n ompad na die strand gery word, wat natuurlik 'n kilometer of twee verder is. Die Blou Huis is uitstekend geleë vir mense wat die see wil geniet, maar tog ook meer privaat wil wees weg van die massas wat soms op stranddorpe en -oorde toesak. Dit kan dus met groot vrymoedigheid aanbeveel word vir enigiemand wat 'n wonderlike see-ervaring wil beleef, soos wat ons drie gehad het, al was dit net vir een nag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tinus L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

Baie goed toegerus en silwerskoon. Dit is 'n pragtige plek, baie goed toegerus en baie skoon. Ons het lekker gekuier en sal beslis weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Angela Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R3 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cynaroides-straat 11, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3c6e06aef3f7079dd77f92afb62097d479d600492d121d1868934b58e2080a4e8d6448b9f64b268fdabb56c69cdb3a5581b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 4 mense 11 5 1 5 11 Cynaroides Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.203916278773 22.054061871433

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang