Die Blou Nartjie
- Kapasiteit: 26 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterstraat 35, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Die Blou Nartjie is 'n gastehuis en restaurant in die Hantam-dorpie Calvinia, halfpad tussen Kaapstad en Upington op pa na die Kgalagadi. Die gastehuis bied ideale verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers sowel as gesinne.
Die gastehuis het 11 en suite-eenhede, elkeen met 'n privaat ingang. Daar is 3 eenhede vir gesinne met jonger kinders, elkeen met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Dié kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad.
Daar is 2 eenhede vir gesinne met kinders ouer as 13 jaar, elkeen met 2 koningingrootte-beddens in die kamers. Die en suite-badkamer het 'n aparte bad en stort. Dié kamers kan verbind word.
Daar is 1 selfsorgwoonstel wat slaapplek bied aan 5 gaste en het 2 koningingrootte-beddens en 'n enkelbed. Daar is 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n aparte toilet.
Verder is daar 5 dubbelkamers, waarvan 3 kamers elkeen 2 enkelbeddens óf 'n koninggrootte-bed het. Die ander 2 kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamers het elkeen lugversorging, volledige DStv-pakket, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en 'n haardroër. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar. Die eiendom het braaigeriewe en 'n plonspoel vir warmer somersdae. Ons is troeteldiervriendelik. Gaste kan ware Hantam-Karoo-lamsdisse beproef in ons a la carte-restaurant wat op die perseel geleë is en van Maandag tot Sondae tot 17:30 oop is. Dit is noodsaaklik vir gaste om hiervoor te bespreek. Die kombuis sluit om 21:00. 'n Heerlike ontbyt word 7 dae per week in die restaurant bedien.
Elke kamer het ligte en WiFi wat gedurende kragonderbrekings beskikbaar sal wees.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
MARTHA Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 239
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Waterstraat 35, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Gaste dink Die Blou Nartjie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Calvinia Tankwa Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterstraat 35, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang