Die Boekhuis
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De La Harpe-straat 142, Rosendal, 9720, Vrystaat
- Vanaf R1 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Die Boekhuis is in Rosendal en bied gerieflike verblyf aan ’n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, eetplekke, aktiwiteite en besienswaardighede.
Hierdie dubbelverdiepinghuis met 3 slaapkamers bied verblyf aan tot 6 gaste op ’n keer. Op die onderste verdieping is daar 2 slaapkamers, waarvan die eerste slaapkamer ’n dubbelbed het en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ’n gedeelde badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.
Die hoofsuite is op die boonste verdieping en het ’n privaat badkamer met ’n stort, toilet, wasbak en oopplan-sitarea. Die suite lei na ’n balkon wat uitsigte oor die landskap en sonsondergange bied.
Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook ’n eetarea met ’n etenstafel met 6 sitplekke. Die eetarea het ’n platespeler en gaste is welkom om hul eie plate saam te bring.
Die ruim sitarea is met houtmeubels uit die 1920's en 1930's versier en het 'n heerlike groot kaggel en gemaklike rusbank. Daar is ook’n privaat biblioteek in ’n studio-kamer wat aan die huis verbind is.
Daar is lieflike braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.
Die eiendom is op 'n groot erf wat omhein is vir honde.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Debbie Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 159
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- De La Harpe-straat 142, Rosendal, 9720, Vrystaat
- Gaste dink Die Boekhuis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Rosendal Malotiroete Vrystaat
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De La Harpe-straat 142, Rosendal, 9720, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang