Die C-Kasteel
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Belhambra-straat 19, Island Cove, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Die C-Kasteel is 'n lieflike dubbelverdiepinghuis en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Dit is stapafstand vanaf Groot-Brakriviermond geleë en is perfek geskik vir 'n gesin of 'n groep vriende.
Al die slaapkamers, saam met een badkamer, is op die boonste verdieping van die huis geleë en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed terwyl die tweede en derde slaapkamer elk 'n enkelbed het. Die eerste badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet, terwyl die tweede badkamer toegerus is met 'n bad en stort-oor-bad, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, basiese breekware, eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is daar ook 'n wasmasjien. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek, 'n TV, asook bordspeletjies.
Die buite-area is die hart van die huis en spog met 'n lieflike grasperk vir die kinders om rond te speel, 'n braai-area, met 'n tafel om die gesin by die vuur te akkommodeer, asook 'n buitestort. Dié eiendom het omheining en bied veilige parkeerplek op die perseel.
Die C-Kasteel is sowat 25 km vanaf George en Mosselbaai geleë en naby verskeie restaurante en sakesentrums.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Menita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Belhambra-straat 19, Island Cove, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink Die C-Kasteel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in The Island Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Belhambra-straat 19, Island Cove, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang