Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Dekkers Self-Catering

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gloucester-laan 80, Dalview, Brakpan, 1541, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Dekkers Selfsorg is perfek vir diegene wat vertonings by Carnival City of sportgeleenthede wil bywoon of sakebelange aan die Oos-Rand het. Die verblyf is naby die Carnival City Kasino en die lughawe. Dit bied ook maklike toegang tot Pretoria, Durban, Mbombela (Nelspruit) en Bloemfontein.

Woonstel 1 is ruim en bied slaapplek aan 3 of 4 gaste op 'n dubbelbed en enkelbeddens. Die sitarea en eetarea is oopplan en het 'n moderne rusbank en 'n groot platskerm-TV met Open HD en DStv op versoek. Daar is ook 'n groot etenstafel in die eetarea. Die oopplan-kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster en 'n yskas toegerus en daar is 'n ontbythoekie. Die oop en suite-badkamer is ruim en het 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n groot stoep met tuinmeubels onder 'n dak. Dit skep 'n lekker, privaat ontspanningsarea met 'n Weber-braai op versoek.

Woonstel 2 is ruim en bied 'n kamer met 'n dubbelbed en een met 'n enkelbed om verblyf aan 3 gaste te bied. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en daar is 'n platskerm-TV met Open HD en DStv op versoek. Die aparte kombuis is met 'n tweeplaat-gasstoof, mikrogolf, broodrooster en 'n yskas toegerus en daar is 'n ontbythoekie. Die badkamer het 'n groot hoekbad en 'n stort. Daar is 'n privaat area in die tuin met sy eie meubels, 'n sambreel en 'n Weber-braai op versoek.

Woonstel 5 is ook ruim en bied 'n kamer met 'n dubbelbed en een met 'n enkelbed om verblyf aan 3 gaste te bied. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en daar is 'n platskerm-TV met Open HD en DStv op versoek. Die kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof en oond, 'n mikrogolf, broodrooster en 'n yskas toegerus en daar is 'n ontbythoekie. Die badkamer het 'n groot oop stort. Daar is 'n privaat area in die tuin met sy eie meubels,'n hek wat kan sluit en 'n Weber-braai op versoek.

Dad Flat is 'n ruim eenslaapkamerwoonstel vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n TV-area met twee banke en 'n platskerm-TV. Die aparte kombuis het 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, yskas en 'n toonbank met 4 stoele. Die ruim badkamer het 'n oop stort. Die groot, privaat tuin-area het meubels en 'n reëndigte, permanente gazebo wat 'n lekker kuierarea maak. Daar is ook 'n hekkie wat kan sluit en 'n Weber-braai is beskikbaar op versoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Karien K
Besigheidsreis
5.0
Die plekkie is gerieflik en stil. Hennie laat mens tuis voel. Baie lekker gekuier, sal beslis weer soontoe gaan.
Aug 2024
Monique V
Saam met vriende
5.0
Netjies, gasvry, lekker. Gat uit geniet, sal weer bespreek.
Aug 2024
Nicolene F
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend! Kon nie beter vra nie. 100%. Die verblyf is baie vriendelik en behulpsaam. Baie lekker gebly en was naby aan die saal waar die kompetisie ...
Sien meer
Mei 2024
Jeanine R
Gesin met klein kinders
5.0
Clean, cosy, safe, welcoming. Very friendly, helpful owners who make you feel at home. Very safe and centrally located.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Gerhardt S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Ruim geriewe. Goed toegerus. Goed gelee. Uitstekende diens. Vriendelik. Hennie het gesorg dat ons honde-kinders lekker kan bly, braaigeriewe e...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hennie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Gloucester-laan 80, Dalview, Brakpan, 1541, Gauteng
  • Gaste dink Die Dekkers Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gloucester-laan 80, Dalview, Brakpan, 1541, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU1NjU1Zjk2LTY0OGEtNGY2MC1hZGU3LTI3ZGFiODQ4NmU0OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 80 Gloucester Ave Dalview 1541 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.254291823093 28.341396093255

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang