Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Dorpshuis

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Donkinstraat 44, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R940 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Dorpshuis bied gerieflike selfsorgverblyf in Graaff-Reinet wat bekend is vir sy ouwêreldse bekoorlikheid met 'n pragtige landskap en wonderlike argitektuur in die hartjie van die Karoo teen die voet van die Sneeuberge en Spandaukop.

Verblyf word aangebied in die Granaat-eenheid met slaapplek vir 3, of Num-Num met slaapplek vir 3. Elke eenheid het 'n oopplan-ontwerp en Granaat en Num-Num het elk 'n koninginggroote- bed en 'n enkelbed. Granaat se badkamer het 'n stort en Num-Num se badkamer het 'n bad en stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke eenheid het 'n leefarea wat beskik oor 'n eetarea en kombuisie. Elke kombuisie is met 'n induksiestoofplaat, yskassie, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. WiFi, lugversorging en 'n TV met volledige DStv is ook beskikbaar in elke eenheid. Buite elke eenheid is daar 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe.

Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Gaste het ook toegang tot 'n pragtige tuin waar gaste kan ontspan en boeklees. Die dorp word omring deur en vorm deel van die Kamdeboo Nasionale Park wat ook die asemrowende Vallei van Verlatenheid insluit.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Marelize C
Saam met lewensmaat
5.0
100% aanbeveel. Heerlike verblyf! Soveel waarde vir geld. Pragtige plekkie, met alles en meer wat 'n mens nodig het. Inklokproses is so maklik, al kom...
Sien meer
Sep 2024
Freddy O
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderful! We had a really great stay! Very comfortable and friendly staff, and the view was really beautiful! It felt like home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Gerard P
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike Karoo lug. Dit was lekker in die klein Karoo dorp. Gerieflik en maklik. Dankie.
Jul 2024
Charles W
Saam met lewensmaat
5.0
'n Lieflike plek geleë in 'n historiese dorp. Historiese atmosfeer. Netjies. Ons het lekker gebly. Die stort was 'n probleem. Kon dit nie reg kry nie ...
Sien meer
Jul 2024
Nicolaasjohannes R
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik ontvang. Netjies en baie skoon. Alles in plek, werkend en stylvol. Absoluut lekker gebly.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Carina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Donkinstraat 44, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Die Dorpshuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R940
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R940
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Donkinstraat 44, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0dc0f3ca5bb09b508568cd84c167f3a455572fcae4254c5d65027039d4de6a87378f0dd5794763808835b58d0b24f9e0970?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R940 per nag, vir 2 mense 66 5 1 5 44 Donkin Street Graaff Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.255880653003 24.528713573016

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang