Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Dorpshuis

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murray-straat 8, Aberdeen, 6270, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Die Dorpshuis in Aberdeen bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n instapstort, toilet en wasbak in die badkamer.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof en oondjie, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n eetarea met genoeg sitplek.

Daar is braaigeriewe en veilige onderdakparkeerplek op die perseel.

Die Dorpshuis is in 1870 gebou en in 2019 opgeknap. Die huis spog met groen hortjies, skuifraamvensters, houtvloere en hoë plafonne wat die tipiese styl van Aberdeen se vroeë huise, toe die Kaaps Hollandse invloed en minimalistiese styl 'n groot rol gespeel het, weerspieël.

Die wingerdprieël op die agterstoep bied 'n rustige plekkie om van die besige stadslewe te ontsnap.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
David M
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Fantasties, absoluut waarde vir geld. Veranderings wat aangbring is van hoogstaande gehalte.
Apr 2024
Petria S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal beslis weer daar oorslaap, dit was 'n besondere aangename ervaring. Die eenheid is pragtig toegerus met mooi antieke meubels en interessante o...
Sien meer
Apr 2024
Christi E
Gesin met tieners
5.0
'n Lieflike oorslaap op pad see toe. Pragtig. Goed toegerus en veilige parkering. Vreeslik lekker gebly! Alles wat mens nodig het en nog meer. Ruim. V...
Sien meer
Des 2023
Martin V
Saam met vriende
5.0
Was 'n goeie tyd in Aberdeen. Ons was aangenaam verras en dit was baie beter as ons vorige ondervinding in die dorp. Alles was skoon en netjies. Sal d...
Sien meer
Des 2023
Edith O
Saam met lewensmaat
5.0
Goed toegeruste kombuis, heerlike groot badkamer en beste beddens om op te slaap. Dit was great! Die plek was rustig en stil en ons kon ontspan na 'n ...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Murray-straat 8, Aberdeen, 6270, Oos-Kaap
  • Gaste dink Die Dorpshuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murray-straat 8, Aberdeen, 6270, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA62f4848fe19897da40bc72bf9cb376a21126918bb972e197f87a3460445c80d8a62003a0cf91ed0b55cb8efdeec98df973c9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense 51 5 1 5 8 Murray Street Aberdeen 6270 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.474477412249 24.062600164435

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang