Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Karee Tuiste

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretorius-straat 24, Postmasburg, 8420, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Karee Tuiste is in 'n 19de-eeuse kothuis, onder 'n groot Karee-boom, wat in 'n gastehuis omskep is. Dit is in die dorpie Postmasburg in die hartjie van die Noord-Kaap. Die dorpie word omring deur ysterertsmyne, asook die Noord-Kaapse oop grasvlaktes met asemrowende sonsondergange.

Verblyf word gebied in 1 eksklusiewe gastekamer en 1 kothuis. Die gastekamer met lugversorging het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer het 'n platskerm-TV en 'n werksarea met 'n lessenaar. Hierdie kamer lei op 'n stoep met 'n braai-area en gaste het toegang tot 'n aparte kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, oond, wasbak, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en dubbelbeddens en gaste deel 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea het 2 rusbanke en 'n platskerm-TV. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, oond, wasbak, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en die verblyf is naby al die restaurante, winkelsentrums, apteke en geriewe in die dorp.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Kantoorgeriewe
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Juanita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Pretorius-straat 24, Postmasburg, 8420, Noord-Kaap
  • Gaste dink Die Karee Tuiste het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretorius-straat 24, Postmasburg, 8420, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd84305a1dfd3c726e09c1451ee8f218fea72f2b8c83769afbd77ae57a5965946561722c4356410813dcbb2f5c6feac0d3db1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 24 Pretorius Street Postmasburg 8420 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.334939476206 23.068751451521

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang