Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Kliphuis

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R364, Groot Patrysvlei Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Die Kliphuis is op 'n werkende sitrusplaas net 5 km vanaf Clanwilliam geleë en is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorg vir tot 6 mense.

Die ruim huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die ander 2 slaapkamers is toegerus met plafonwaaiers en elke kamer het 2 driekwartbeddens. Die 2 kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort. Gerieflikheidshalwe word linne en handdoeke voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan hul maaltye geniet by die etenstafel met sitplek vir 6 in die leefarea met lugversorging, of ontspan in die sitkamer wat 'n knus kaggel het. Die sitkamer is toegerus met 'n TV met volledige DStv.

Daar is 'n vuurput sowel as 'n ingeboude sitarea buite en gaste kan van die houtvuur-bubbelbad gebruik maak. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en komplimentêre WiFi is ook beskikbaar. Doendinge in die omgewing sluit staproetes op die plaas in en gaste kan hul eie bergfietse saambring.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Julia A
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely be back soon. Beautiful private spot. Our two large dogs loved it!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Louise S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Wonderlike plek om oor te bly.
Sep 2024
Hannes S
Saam met vriende
5.0
Sal beslis weer gaan. Het ongelukkig net een aand gebly. Die natuur is regtig mooi. Dis stil. Regtig lekker gebly.
Sep 2024
Liesl T
5.0
Beste blyplek naby Clanwilliam. Ons het heerlik by die Kliphuis gekuier. Dit is beslis uit die boonste rakke. Die huis is ruim en daar is selfs 'n mot...
Sien meer
Sep 2024
Annamarie V
5.0
Die eienaars is baie tegemoetkomend. Het elke vraag beantwoord. Rustige atmosfeer. Baie lekker gebly. Heerlik warm geslaap.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lenandri Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 30

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Langs die R364, Groot Patrysvlei Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Kliphuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R364, Groot Patrysvlei Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1df88bc50b5612f2b74bce43616e1f4044a987a4c37fc6e828136b503606f1041e03e1200270fbc3ce72d8992ae36a225683?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag, vir 6 mense 30 5 1 5 Off the R364 Groot Patrysvlei Farm 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-18:00 11:00 -32.166960363512 18.937029665732

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang