Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Koejawelhuisie

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Nadine J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Uitstekend, uitstekend en weerens uitstekend! Ons het ons tyd geniet by Die Koejawelhuisie. Alles was netjies en die hot tub is 'n wenner. Om in die middel van die koejawelplaas te bly was net awesome.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Kathy
Die Koejawelhuisie
Baie dankie, Nadine! Ons is baie bly dat julle dit so geniet het. Kom kuier gerus weer!

Abrie S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Ongelooflik. Dit was 'n ongelooflike naweek. Rustigheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mieke M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

From beginning till end our stay was amazing. The hot tub was such a plus and we didn't have to use a lot of wood as it stayed warm. We were celebrating an anniversary and were so lucky to have found this gem last minute. The host was so nice and very helpful. Definitely recommend. The accommodation was clean and very cozy. Definitely worth the money. If you want a getaway from the busy town life and want to relax, I would definitely recommend.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Luke E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2024

Picture perfect. Peaceful and relaxing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karin B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mei 2024

Welverdiende rusnaweek. Die area is beeldskoon en rustig, mens kan werklik hier net ontspan. Die huisie is klein en kompak met alle geriewe wat jy benodig. Die Kolkol was natuurlik 'n groot wenner.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Vernon Thulani G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jun 2024

Great. I enjoyed my stay, nice venue, felt safe.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annemarie N
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Aug 2024

Heerlike kaggel, snoesige skoon beddegoed en vars lug. Ons het die naweek vreeslik geniet. Die kol-kol bad was 'n hoogtepunt vir ons kinders.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Pieter B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Feb 2024

Overall, it was good. Sal so 7/10 gee. Was 'n baie lekker naweek. Het dit baie daar geniet. Positiewe punte is dat die plek baie goeie waarde vir geld bied, en het baie goeie geriewe soos die lugversorger, die warm bad, die hangmat en braaiplekke. Dit is ook baie veilig en het veilig gevoel. Daar is ook 'n pragtige uitsig op die berge. Negatiewe punte is dat die kombuis 'n paar basiese items kort en die yskas werk nie baie goed nie. Daar was ook heelwat miggies en insekte, maar dit is seker niemand se skuld nie en net natuurlik. Een ding wat ons afgesit het, is dat ons gasvrou die oggend van die Saterdag gekom het om te kyk of alles reg is. 'n Whatsapp-boodskap sou meer geskik wees, veral omdat ons privaatheid wou hê.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Kathy
Die Koejawelhuisie
Hallo Pieter, Dankie vir die terugvoer. Jy is seker die gas wat nog die meeste boodskappe ooit heen en weer gestuur het voordat julle kom kuier het. Ek het al jou vrae deeglik beantwoord. Ek is verras met jou terugvoer. Ek en my dogter het te perd verby gery en kom vra of alles in orde was. Julle het albei buite die huis gestaan; ons sou nie nader gekom het as julle in die hottub was of in swembroeke nie. Die meeste gaste geniet die interaksie, en veral na al ons gesprekke op WhatsApp het ek dit goed gedink om te kom hallo sê. Ek vra verskoning as ek dit verkeerd opgesom het. Ek sou graag wou hoor wat kort in die kombuis want dit is redelik goed toegerus met skerp messe en 'n koffie plunger, ens. Jy kan my op WhatsApp 'n lysie stuur. Ons het na die yskas gekyk; alles werk ten volle. Net so bietjie terugvoer van ons af. Dit sal gaaf wees as julle in ag neem om dalk net die kombuis netjies en skoon te los na so 'n naweek. Die vuil borde en kos lok insekte in die natuur. Vriendelike groete Die Koejawelhuisie

Darren Q
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Baie rustig en baie mooi. Wil definitief weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ernistene V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2023

Fantasties, rustig. Van my aankoms by Koejawelhuisie was dit net 'n plesier, ons kon self koejawels pluk en eet en op die plaas rond loop. Die huisie was netjies skoon met varse wit handdoeke.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Kathy
Die Koejawelhuisie
Baie dankie Ernistene, dis vir ons baie lekker om ons huisie te deel met julle!

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Kathy Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 78

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf R2 000
R2 000 R1 700
per nag, vir 4 mense
Vanaf R2 000
R2 000 R1 700
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Gelukwaartsplaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd85f23d098b142f8c0d5751d180c1f2bc5c17ce1dd2e6273bd35533d316efc20edf88d5753b355d291b3697abcb3f3d2c429?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 700 per nag, vir 4 mense 70 5 1 5 R44 Gelukwaarts Plaas 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.05724 18.988561

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang