Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Kruik

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collettstraat 68, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R660 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die Kruik is 'n selfsorg-gastehuis met van die beste uitsigte op Berg Ararat. Hierdie gastehuis, in die lieflike dorpie genaamd Clarens, is stapafstand van die dorpsplein af. Klop by ons aan en verlustig jouself in die rustige atmosfeer.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede met privaat ingange. Veilige parkeerplek word voorsien.

Ons dubbel-eenheid het plek vir 4 gaste en beskik oor 1 dubbelbed in die een slaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander slaapkamer. Die 2 enkelbeddens kan opgemaak word as 'n koninggrootte-bed op versoek. Daar is 1 badkamer met 'n bad, asook 'n sitkamertjie en 'n kombuisie met 'n stoofplaat, mikrogolf en yskas.

Ons enkel-eenheid bied slaapplek aan 2 persone en het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is ook 'n en suite-badkamer en kombuisie.

Clarens het baie restaurante, galerye en besienswaardighede.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 182 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Max M
Saam met vriende
5.0
Super. Really nice place. Granny Petro was really nice to us. We're going to visit this place again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Henk J
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi uitsig. Pragtige dorp en omgewing. Spontane en vriendelike gasvrou wat ons. Lekker geslaap en lekker gekuier. Lekker geshop en lekker geParkrun.
Nov 2024
Lelané H
5.0
Heerlik gekuier en baie mooi uitsig op die berge. Ek sal beslis weer kom kuier. Sien sterre.
Nov 2024
Dieter D
5.0
Rustig en ontspannend. Baie lekker, dankie.
Sep 2024
Andries B
Besigheidsreis
5.0
Awesome and warm stay. Even though it was 1 night, it was great to have an awesome shower and a nice warm bed to sleep in. I was busy w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Lella Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 182

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Collettstraat 68, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Die Kruik het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 660
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 660
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collettstraat 68, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlHFTQyVZrWs9Mq5u90ofSKPx6kDExpXljP2t6JiQh2hUDm6cpF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R660 per nag (plek vir 2) 182 5 1 5 68 Collett Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.521614407713 28.417445974205

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang