Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Melkstal

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Sarita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 7 jaar

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 43 resensies vir Die Melkstal
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5
Hendrik A - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik A

Rustige en lekker naweek weg.

Ons het baie lekker gebly. Die huis (ons het in die Melkstal huis gebly) het alles wat mens nodig het, met 'n kaggel binne en ook 'n lekker stoep buite om te kan braai. Dit is stil en rustig en presies wat mens nodig het vir 'n naweek weg. Die gasvrou was ook baie vriendelik en behulpsaam. Sal enige tyd weer daar gaan bly.

Diedre C - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Diedre C

Wonderlike stilte! Geen of min selfoonopvangs. Het wonderlik gerus!

Ek het baie lekker gekuier!

Trekker C - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Trekker C

Weggesteek, skoon, stil,plaas en baie basies.

'n Basiese houthuisie ideaal vir twee mense om weg te breek van die stad se geraas.

Die Melkstal se terugvoer

Dankie dat julle die boshuisie geniet het.

Die Melkstal
Marianne M - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marianne M

Rustig, stil en vredevol.

Definitief 'n rustige plek vir ontspan en son sit.

Engelie O - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Engelie O

Wegbreek na die oopte.

Dit was heerlik om oop veld en mielielande om my te sien, net wat ons nodig gehad het. Die Melkstal is lieflik geleë en die pad daarheen was heeltemal rybaar, hoewel die paaie skade gekry het tydens die onlangse reën. Die kuier-areas het oral lekker verrassings en die plaasdam was 'n welkome swemplek vir die kinders. Ons het die groot stoep en braai vreeslik geniet!

Kirsten S - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kirsten S

Fantastic place for parents with young children.

There is a fantastic entertainment area which has a braai, pizza oven, pool and a jungle gym with a trampoline. The kids loved seeing the farm animals too.

Liesel V - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Liesel V

Rustige plaasatmosfeer waar mens net kan rus en ontspan.

Die ervaring was asof jy 'n rustige plaaskuiertjie het.

Ida B - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Ida B

Heerlike stoep.

Dit was 'n aangename naweek op die plaas. Die huis is baie aangenaam met goeie fasiliteite, maar dit was nie behoorlik skoon nie. Daar was ou vullis in die asdrom, en die toonbank in die kombuis, asook die stoof, was vuil. Die geiser is baie sensitief, dus het ons baie gesukkel om die water in die stort te reguleer.

Die Melkstal se terugvoer

Dankie vir terugvoer, Ida. Ek sal die geyser gaan stel! Jammer ook dat die stoof nie skoon was nie, dis vir my baie vreemd. Ek gaan beslis met my dame daaroor gesels. Sy het wel genoem dat julle seker ook nie die skottelgoedwas seep gesien het nie, want alles was vuil gelos. Afgesien van dit het julle nie net die handdoeke wat vir julle uitgesit was gebruik nie, maar 16 handdoeke wat in 'n kas gestoor was gebruik. Sal jy ook net dalk vir my loer vir 'n kombersie wat weg is. Ek wou jou al whatsapp. Laat weet my gerus. Mooi dag!

Die Melkstal
Marise B - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marise B

Baie rustige, plaasatmosfeer.

'n Rustige wegbreek met 'n plaasatmosfeer. Vriendelike eienaars en baie behulpsaam met enige van jou behoeftes. Sal Die Melkstal beslis weer besoek.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Marise. En dankie dat julle alles so mooi netjies gelos het. Dit word waardeer! Sien julle weer!

Die Melkstal
Alida W - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alida W

Pragtige plaas en met al die moderne geriewe om heerlik te ontspan.

Hys Patrys was skoon en netjies. Die plaas is stil en ons het laatmiddag lekker gekuier op die groot stoep. Dit was heerlik om na al die naggeluide te luister. Ons kan die wegbreek uit die stad definitief aanbeveel. Puik diens aan almal by die Melkstal.

Vicky E - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vicky E

Rustige, behoorlike plaasatmosfeer.

Het die begeerte gehad om my kinders aan die plaaslewe voor te stel. Met die intrapslag het dit my dadelik die gevoel van ’n familieplaashuis gegee. Skape met lammetjies, boerbokke, perde, beeste, wilgerbome - my kind was verlief. Het dit so baie geniet. Die enigste nota is dat dit bietjie moeilik was om die water vir die stort te reguleer, maar dit kom saam met ’n plaas. Wees geduldig en reguleer klein bietjie op ’n slag en wag voordat jy verder stel.

Victor T - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Victor T

Lekker.

Country living.

Carike V - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Carike V

Lekker rustig op die plaas.

Was 'n baie lekker wegbreek. Ons het klein kinders saam gehad en het oor as genoeg gehad om te doen. Speelplek is groot en lekker naby aan huisie. Kinders het veral die zipline geniet. Die eenheid was lekker modern ingerig en beddegoed voel 5 ster. Ons was in Huis Patrys. Sal beslis weer gaan.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Carike. En baie dankie dat julle die plekkie so mooi opgepas het. Julle was oulike gaste. Hoop om julle weer te sien

Die Melkstal
Johan S - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan S

Lekker plattelandse wegbreek naby die stad.

Sommer onder 2 ure se ry vanaf Pretoria. Netjiese blyplek. Baie lekker speelplek vir die kinders, van trampolien, tot klimmuur tot Zipline tot 'n riviertjie en meer om by te speel. Lekker braaiplek. Naby aan die Vaaldam vir 'n maklike middagtrippie soontoe. Baie vriendelike en behulpsame gasvrou, Sarita.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Johan. Julle was bitter oulike gaste. Hoop om julle weer te akkommodeer.

Die Melkstal
Thirza J - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Thirza J

Lekker naweekwegbreek.

Lekker buitespeelplek vir klein en groot. Plaasdiere wat rondloop is rustig. Beveel die plekkie aan vir enigiemand wat van die plaas hou. Gerieflike groot huis, maar dit was 'n bietjie koud. Daar is darem genoeg ekstra komberse.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Thirza.
Hoop om julle weer te akkommodeer in die somer.

Die Melkstal
Rika P - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rika P

Rustig, gerieflik en kindervriendelik.

Kinders het dit baie geniet. Heerlike wegbreek as jy rustigheid en stilte wil hê.

Hettie K - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hettie K

Stukkie hemel weg van die stad se gejaag.

Die Melkstal is 'n huislike, goed ingerigte ou melkstal waar die stadsmens weer kan gaan asemhaal. 'n Stukkie hemel waar mens die geluide van beeste, skape, donkies, tortelduiwe, tarentale en 'n kraaiende haan kan geniet. Die kamers is keurig versier. Die kombuis het alles wat jy nodig het. Die braaiplek is enige boerseun se droom, drie-poot potjie ingesluit vir potjiekos. Sarita is 'n vriendelike en hulpvaardige gasvrou. Ons gaan definitief weer daar kuier.

Die Melkstal se terugvoer

Dankie Hettie vir gaste soos julle. Maak dit lekker.

Die Melkstal
Christel V - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christel V

Baie lekker wegkom-plekkie!

Dit was rustig. Die diertjies is so vriendelik en ons was glad nie gepla deur enige iemand nie. Alles was 100%.

Carla T - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla T

Absoluut awesomeness.

Ek het daar 'n baie kosbare ontmoeting met Abba Vader gehad. Daar het Hy die skape en die bokke en die perde gebruik - selfs die natuur - om met my te praat. Innerlike genesing met en deur Abba Vader se eie skepping. Ek sal beslis were soontoe gaan.

Sonja F - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonja F

Awesomeness.

Beslis 'n aanbeveling! Rustigheid waardeer. Eienaars baie gaaf en vriendelik - het 'n mens baie tuis laat voel.

Magda S - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Magda S

Heerlik ontspan, daar is geen internet of TV, min selfoonopvangs en dit was presies wat ons nodig gehad het.

Die huis is baie prakties ingerig, en die huis en plaas met die plaasdiere bring herinneringe van sorgvrye kinderjare terug. Die plaaseienaars is pragtige mense, baie gasvry. Ons gaan hierdie wegbreek 'n gereelde instelling maak.

Johann M - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Johann M

Heerlike ontspanne plaasvakansie.

Baie dankie aan Sarita en Kobus vir uiters gasvrye ontvangs. Alles was in plek en het goed gewerk. Ekstra moeite is gedoen. 'n Heerlike plaaswegbreek wat ons baie geniet het. Eenheid is verstommend goed toegerus. Alles wat nodig mag wees is daar. Plaasdiere en voëllewe baie geniet.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Johan vir die nlmooi review. Ons hoop om julle weer te verwelkom.

Die Melkstal
Wayne J - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Wayne J

Heerlik rustig.

Lieflike selfsorg-eenheid, toegerus met als wat mens nodig het vir sorgelose verblyf.

Shenell A - Okt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shenell A

Fantastiese, tipiese plaasplekkie vir wegbreek.

Die huis, diere, dam en eienaars. Als "cozy", ontspannend en welkomend. Heerlike naweek gehad. Baie dankie.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie, Shenell. Waardeer dit baie.

Die Melkstal
Maryna V - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maryna V

Fantasties.

Beste naweekwegbreek ooit.

Die Melkstal se terugvoer

Dankie Maryna.
Dit was so lekker om julle hier te kon hê.
Ek sien julle weer.

Die Melkstal
Marieta L - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marieta L

Vreedsame stil omgewing.

Dit is 'n plek wat oorloop met vrede en stilte. Weg van geraas en verkeer. Baie dankie dit was heerlike. Sien DV volgende jaar weer.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie tannie Marieta. Sien julle definitief weer.

Die Melkstal
Angelique V - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Angelique V

Rustig, netjies, kos vir die siel.

Wat 'n lekker, rustige wegbreek. Sarita het ons baie welkom laat voel, en al plekkie was baie netjies en skoon. Baie stil en rustig. Net wat mens nodig het om weg te breek van die stad se geraas. Sal beslis weer teruggaan. Baie baie dankie, Sarita!

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Angelique. Sien uit om julle weer te verwelkom!

Die Melkstal
Erik V - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Erik V

Uitstekend.

As jy wil wegkom van 'n besige lewe, dan is dit die plek vir jou.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Erik. Dit was lekker om julle by ons te kon hê.

Die Melkstal
Yolanda S - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolanda S

Verkwikking vir my siel.

Dit was wonderlik en mense so gasvry. Niks was te veel gevra nie en die geriewe was uit die boonste rakke. Kan nie wag vir die 2de kuiertjie nie!

Hettie K - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hettie K

Sprokie vir 'n stadskind.

Moeg vir die lawaai en rottereis van die stad? Die Melkstal is naby aan Johannesburg geleë en maklik bereikbaar. Die slegte selfoonsein en geen TV maak seker jy spandeer kwaliteittyd saam met jou hartsmense. Waarlik rus vir die siel en liggaam. Die eenheid is toegerus met alles (en meer) wat jy in jou kombuis nodig het. Dis netjies en gesellig. Die gasheer en gasvrou laat mens onmiddellik welkom voel. Die prentjiemooi omgewing en sielerus is waarlik 'n 'Sprokie vir 'n Stadskind'.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Hettie. Waardeer jou mooi resensie. Hoop om julle weer te sien.

Die Melkstal
Pieter B - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter B

Lekker verblyf in koue wêreld.

Die plekkie is klein en koud, hoewel die lekker groot braai-area in die somer opmaak daaroor, maar dit was te koud om buite te verkeer. Kobus en Sarita is pragtige omgee-mense wat ons tydens beurtkrag genooi het vir koffie op hulle houtstoof gemaak. Mooi, stil wêreld so op die plaas. Lekker foto-plek vir die fotograaf.

Die Melkstal se terugvoer

Dankie oom Pieter en tannie Heleen vir julle kuiertjie op die koudste naweek ooit in ons kleinste eenheid. Hoop as ons julle weer kan akkomodeer dat julle in Hoofeenheid julle hele familie kan huisves op n lekker somersdag!
Vriendelike groete,
Sarita

Die Melkstal
Ellen B - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ellen B

Heerlike plaaslewe.

Dit was heerlik - wat dit besonders gemaak het: die kinders kon vry wees en die plaaslewe geniet.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Ellen en familie. Ek is bly julle het dit geniet.

Die Melkstal
Isabe T - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Isabe T

Baie lekker rustig.

Baie oulike plek, goed toegerus en baie rustig as jy net wil wegkom en rus. Daar is nie baie syn nie wat baie lekker was.

Die Melkstal se terugvoer

Dankie Isabe, ons waardeer jou review.

Die Melkstal
Dirk G - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Dirk G

Vreeslik lekker gewees.

Lekker rustig en tyd vir mekaar te maak. Net vreeslik vlieë bedags wat nogal lastig is. Wonderlike plekkie.

Ilne L - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Ilne L

Rustige wegbreek op die voorstoep van die stad.

Die plaasdam-swembad is 'n wenner in die warm weer. Mak plaasdiere het die stadsjapies ure vermaak. Heerlike wegbreek uit die stad.

Muriel S - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Muriel S

Inligting moet opdateer word op die webtuiste.

Nie tevrede omrede die vrou eers gesê het toe ons daar kom dat hulle toe is vir die wintermaande, so my bespreking was bevestig en als en dan was die plekkie nie eers gereed vir ons nie, siende ek moes sukkel met warm water.

Die Melkstal se terugvoer

Goeiedag Muriel,

Jy is die eerste gas wat ongelukkig was met met ons fasilitiete, ons is wel oop gedurende die wintermaande.

Julle het die Bessie eenheid bepreek vir 1 volwassene en 1 kind. Jy het 'n ekstra kind saamgebring en ek het julle in ons hoof eenheid geplaas wat groter is. Die eenheid was skoon en reg vir gaste. Ek is baie trots op my instansie en die bestuur daarvan.

Ek vra om verskoning vir die warm water, Ek het ongelukkig nie 'n meter op my gas geyser wat vir ons kan sê as die gas klaar is nie, ons het dit dadelik gaan vervang toe jy my laat weet het.

Die Melkstal
Cindy N - Mrt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cindy N

Such a fantastic holiday!

Wonderful location. Perfect place to watch children be children and for adults to relax and be able to breathe!

Die Melkstal se terugvoer

Thank you so much Cindy. It was wonderful to accomodate such a lovely family!

Die Melkstal
Kathleen R - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kathleen R

Lekker wegbreekplek vir die groep van ons. Vriende, kinders en familie!

Dankie, Sarita, vir jou gasvryheid! Die kinders het die plaas vreeslik geniet. Die huis is ruim en stylvol versier. Die kaggel in die huis en die groot stoep buite was ons gunsteling-plekke om te vertoef. Alles van die beste vir die toekoms.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie vir die mooi resensie, Kathleen. Was heerlik om julle hier te kon verwelkom!

Die Melkstal
Claudia K - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Claudia K

Fantasties.

Dit was skoon en mense was vreeslik besorgd oor ons! Ongelooflike lekker stoep en baie beskut! Ons was net meisies met n klein baba. Mense het op ons opgecheck maar nie teveel nie. Het veilig gevoel en goed gerus! Daar is alles wat jy in 'n leefhuis sal benodig. Donkie was heeltyd gestook so water was lekker warm! Ons vat definitief binnekort ons mans saam!

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Claudia. Dit was net 'n plesier om julle te akkommodeer.

Die Melkstal
Lisa D - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lisa D

Baie rustig, definitief die regte plek om net weg te kom van die geraas af!

Ons was deur so 'n vriendelike gasheer ontmoet. Die kamers is netjies en pragtig.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Lisa. Sien daarna uit om julle weer hier te verwelkom.

Die Melkstal
Elsa S - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Elsa S

Die regte plek as jy wil wegbreek van die stad en rustigheid soek vir jou lyf en siel.

Was heerlik, rustig, mooiste sonsopkoms en ondergang, terug na die natuur, rus vir jou lyf en siel, en ons het dit baie geniet.

Die Melkstal se terugvoer

Baie dankie Elsa.

Die Melkstal
Vera M - Feb 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Vera M

Stay was comfortable.

The stay was good, comfortable. Owner was friendly and helpful. Only a problem with the shower, water comes out too slow and the water temperature does not stay constant.

Duard P - Mei 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Duard P

Baie lekker en skoon geriewe. Een probleem volg, daar was geen koffie, suiker of tee beskikbaar nie.

Die Melkstal is 'n baie lekker plek om 'n rustige naweek by te spandeer. Die geriewe is skoon, netjies en aangenaam. Die ligging is bietjie van 'n problem met ten minste 30 km se reis na die naaste winkel of toeriste-aantreklikheid. Word sterk aanbeveel vir mense met 'n lus vir die 'plaaslewe'. Oor die algemeen was ek en my meisie baie gelukkig met die plekkie en sal weer 'n draai kom maak

Die Melkstal se terugvoer

Hi Duard. Baie dankie vir jou mooi resensie. Die melkstal word op LekkeSlaap geadverteer as 'n selfsorg eenheid en daar word dan nie koffie, tee of suiker beskikbaar gestel nie. Julle moes alles self gebring het. Jammer daaroor, as julle gevra het kon ek julle wel uitgehelp het.

Die naaste winkels is Vaalmarina 15 km, Deneysville 25 km, Vereeniging of Heidelberg 35 km.

Die Melkstal
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietfonteinplaas 461, Heidelberg, 1438, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2HeBiDrdSqtIrbCinYw565ryKPlyVuw8i8CPxAd65HH0hEtOEP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 461 Rietfontein Farm Heidelberg 1438 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -26.771911959311 28.253240436316

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang