Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Moerbeiboom

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Marx-straat 25, Langenhovenpark, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Moerbeiboom bestaan uit lieflike selfsorg-eenhede in die hartjie van Langenhovenpark. Dit is ideaal vir gesinne of paartjies. Die eienaars woon ook op die perseel.

Die perseel beskik oor 4 eenhede: Green Leaf-, Grey Crown-, Blue Shade- en Autumn-eenhede.

Green Leaf het slaapplek vir 'n maksimum van 3 gaste en ekstra slaapplek vir 1 kind. Daar is 'n koningingrootte-bed en 1 enkelslaapbank, asook n uittrek kindermatras onder die slaapbank. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet in. Ander geriewe sluit 'n kombuis, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, 'n TV en WiFi in.

Grey Crown het ook slaapplek vir 3 gaste en het 'n koningingrootte-bed met 'n enkelslaapbank. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, 'n TV en WiFi in.

Blue Shade het slaapplek vir 4 gaste en het 'n koningingrootte-bed met 'n baie gerieflike dubbelslaapbank vir 2 persone. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, 'n TV en WiFi in.

Autumn het slaapplek vir 3 volwasses en 2 jong kinders wat 'n dubbelslaapbank kan deel. Daar is 3 enkelbeddens waarvan 2 teen mekaar gestoot kan word om 'n koninggrootte-bed te skep. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n TV en WiFi. Hierdie eenheid het ook lugversorging.

Gaste het toegang tot 'n swembad en daar is ook braaigeriewe wat op versoek beskikbaar is.

Aktiwiteite in die area sluit 'n wandel of draf op die nabygeleë veld in en daar is ook bergfietsroetes. 'n Aantal wegneemeteplekke en restaurante is in die omgewing beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wessel B
Saam met lewensmaat
5.0
Oorgebly op pad terug van Knysna af op pad Johannesburg toe. Baie lekker - baie geniet.
Jan 2025
Sonja O
5.0
Hier oornag mens beslis weer! Ons oornag by Die Moerbeiboom was heerlik! Pragtige, uiters goed toegeruste kamer met 'n privaat area vir ons hond.
Jan 2025
Sunel V
5.0
Uitstekende diens! Die kommunikasie was professioneel en vlot, en die kliëntediens. Uitstekende diens! Die kommunikasie was professioneel en vlot, en ...
Sien meer
Jan 2025
Johan M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Pragtige plek. Sal weer daar bly!
Jan 2025
James S
Besigheidsreis
5.0
Definitief aan te beveel. Sal weer daar oorslaap. Alles was netjies en skoon. Baie gerieflik en waarde vir geld.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Chris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 93

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Jan Marx-straat 25, Langenhovenpark, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink Die Moerbeiboom het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Marx-straat 25, Langenhovenpark, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA08434f45a121643becd13351414f9432818d83ba85ac291e6839e45897e3e981ed11edd3923a1e287a5612ad721e41c4753c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 93 5 1 5 25 Jan Marx street Langenhoven Park 9300 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.10373040313 26.1512909

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang