Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Groendraai Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Protea-weg en Eensaamheidspad, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Groendraai Accommodation is op die plaas Groendraai in die pragtige Klapmuts-omgewing geleë. Die ligging is ideaal en ons is ongeveer 2 km vanaf die N1 met Stellenbosch, Paarl, Wellington en Franschhoek almal binne 'n 20 km-radius. Daar is volop restaurante, wynplase, kuierplekke en vermaak vir kinders in die omgewing.

Verblyf word in 4 eenhede gebied. Die Ou Stal is oopplan en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind. Dit is 'n ou stal wat is omskep en baie van die oorspronklike struktuur het behoue gebly. Karoohuis bied slaapplek aan 5 gaste met 'n dubbelbed, 1 enkelbed en 'n stapelbed. Die Wijnhuis bied slaapplek aan 5 gaste in 2 slaapkamers. Elke eenheid het 'n privaat tuin en braaigeriewe. Die Vinknes is 'n ruim eenheid wat slaapplek vir 6 gaste het. Daar is 2 hoofslaapkamers, 'n leefarea, kombuis, 'n privaat tuin en groot braaiput. Die Vinknes en Wijnhuis is elk met 'n wasmasjien, Gratis WiFi en TV met Netflix toegerus.

Die plaas bied hope plek vir luilekker wandelinge op die uitgestrekte grasvelde of gaste kan gaan swem in die plaasdam, vir Benny die bok en sy familie troetel of speel met die ponies. Gaste kan vir Elly, die boepensvark, of Egor, die vriendelike en mak kalkoen, voer. Word soggens wakker met die rustige gekwetter van die vinkies, verkyk jou aan die houtkappertjie of luister hoe die tarentale roep.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 127 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Stella S
Saam met vriende
5.0
Baie rustig. Fantasties het dit geniet.
Des 2024
Gina N
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer van Groendraai Akkommodasie gebruikmaak. Ons het heerlik gebly in die Vinknes. Plek is skoon, goed ingerig en baie mooi gemeubileer. O...
Sien meer
Des 2024
Roeline J
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige veilige atmosfeer. Dit was nice. Sal weer daar tuisgaan.
Nov 2024
Michael P
Gesin met klein kinders
5.0
Rustigheid. Baie lekker gebly! Baie lekker plek.
Nov 2024
Trevor S
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Annene and Ockert were great hosts and very accommodating. The place was ready, clean and quiet, and the garden was great for...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ockert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 127

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Op die hoek van Protea-weg en Eensaamheidspad, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Groendraai Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Protea-weg en Eensaamheidspad, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4da85fbd930ea97053aa6c5e3a659a64b3d6a824d2b9a1bbfcfcd7c5599c2698fe4bd7423fe6f8e67e18d260368484a19308?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 127 5 1 5 C/o Protea Road en Eensaamheids Road Klapmuts 7625 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -33.790640864108 18.859657056592

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang