Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Peperboom B&B

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N12, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Peperboom B&B bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n boomryke perseel net langs die N12 in Victoria-Wes.

Verblyf is beskikbaar in 2 aangrensende selfsorg-chalets wat elk geskik is vir 4 volwassenes of 'n gesin van 4 volwassenes en tot 2 kinders. Elke chalet het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort of bad. Verder het elke chalet ook 'n stapelbed en 'n slaapbank in die sitarea, lugversorging en waaiers in die somer en verwarmers en elektriese komberse op die dubbelbeddens in die winter. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Die verblyf het 'n omsetter en tydens beurtkrag sal die plafonligte, TV en waterpomp werk. Daar is ook 'n enkelplaatgasstoof.

Die chalets het elk 'n privaat kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n onderdakstoepie met braaigeriewe is by elke chalet beskikbaar.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad wat gaste mag gebruik. Onderdakparkeerplek word voorsien. Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Hayley H
Saam met lewensmaat
5.0
Friendly and welcoming host. Perfect stopover en route to Cape Town. Tereace gave us a warm and friendly welcome. Excellent stopover on...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Ferdi M
Saam met vriende
5.0
Great value for money. Excellent value for money. Well appointed and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Annamirrie O
5.0
Op my jaar verlof saam my ma, pa en kind. Dit was gou 'n oornag akkommodasie vir ons reis terug huis toe. Die plekkie is skoon en netjies, baie veilig...
Sien meer
Sep 2024
Anton C
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige Karoo gasvryheid. Baie gerieflike, netjiese skoon plek met regtig alles wat nodig is. Sal vir seker in die toekoms weer van die verblyf gebrui...
Sien meer
Sep 2024
Peter V
Saam met lewensmaat
5.0
Accommodation was excellent, great stop over. Host very friendly and helpful. Most enjoyable and friendly people.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tereace Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Langs die N12, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Gaste dink Die Peperboom B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N12, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA43cb9ec74edf6eab63ec6c4bae0d9ca17e13faca56127a78b49e41f38fb7d88232b1270f9ab76dc4493c1fd52c26e4942543?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 Off the N12 Victoria West 7070 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.410492758629 23.120571224965

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang