Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Peperboom

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidelbergstraat 19, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
  • Vanaf R670 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Peperboom is 'n gastehuis in 'n stil woongebied in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Dit is naby Panorama Mediclinic en mediese sentrums, en net 16 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die gastehuis beskik oor 2 ruim en netjiese eenhede: Woonstel 1 en Woonstel 2.

Die eerste woonstel is ideaal vir familie of vriende en beskik oor 2 slaapkamers met aparte stort en toilet. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die leefarea is oopplan en het 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 2 gemakstoele, 'n waaier en 'n platskerm-TV met 'n DStv-pakket. Daar is 'n Weber-braai, 'n braaipan en 'n drukkoker op versoek.

Die tweede woonstel is ideaal vir paartjies en het 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer het 'n stort. Daar is ingeboude kaste, 'n yskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n platskerm-TV met DStv en 2 gemakstoele in die woonstel.

Verskeie restaurante en winkels is stapafstand van die eiendom af en daar is groter winkelsentrums wat sowat 20 minute ver is. Strande en wynplase is ook te vinde binne 'n halfuurtjie se ry.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 192 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Pieter W U
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi en gerieflike plekkie. Ideaal geleë vir hospitaalbesoeke. Baie vriendelik ontvang.
Sep 2024
Delene H
Saam met lewensmaat
5.0
One of the best places we have stayed. Fully kitted out with everything you need. Perfect place to stay overnight.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Wendy J
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely unit with everything we needed. Mike, the host was very helpful. Mike, our host was wonderful. He kept in touch with us on the d...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Essie E
5.0
Fantasmagoriese tydelike tuiste. Sjoe wat 'n pragtige huislike atmosferiese oornaggerief. Waarlik 'n juweel van 'n plek om moeë liggaam te lawe na 'n ...
Sien meer
Aug 2024
Malandi B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n heerlike wegbreekervaring. Ons het heerlik gebly. Die selfsorgeenheid is ruim en baie netjies en skoon. Woonbuurt is stil en naby die hospi...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Michael Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 192

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Heidelbergstraat 19, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Peperboom het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R670
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R670
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidelbergstraat 19, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE5ZGYwZGQzLWY3N2QtNGQ3Mi04OWZiLTc0NDFkZWQ3MmVlOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R670 per nag, vir 2 mense 192 5 1 5 19 Heidelberg Street Panorama 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.87732 18.57523

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang