Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Pophuisie

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 11 jaar

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 17 resensies vir Die Pophuisie
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.2/5
Jannie G - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jannie G

Die FAK moet 'n storie doen!

Wat 'n belewenis om in so 'n stukkie geskiedenis te kon oornag! Fouriesburg is 'n versteekte juweel in die Oos Vrystaat, sal dit vir enige reisiger aanbeveel!

Jeanne D - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Jeanne D

Rustige verblyf in 'n tradisionele huisie.

Ek en my vrou en dogter het by die Pophuisie oorgebly vir een nag op pad na ons volgende bestemming.

Gerald B - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gerald B

Bekostigbaar, netjies en goed geleë.

Baie lekker gekuier. Sal weer Die Pophuisie besoek.

Aantje K - Mrt 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Aantje K

'n Kosbare ervaring!

Dankie baie. Die Pophuisie was 'n besonderse ervaring. Dis uniek ingerig met al die ou goedjies. Ek kan Die Pophuisie beslis aanbeveel! Ons het warm en veilig geslaap en lekker ontspan. Ek sal beslis weer van Die Pophuisie gebruik maak indien ons akkommodasie benodig in die mooie Vrystaat-landskap.

Roland D - Jul 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Roland D

Uit op 'n sneeujag - hoogs aan te beveel!

Ons het die verblyf geniet. Die Pophuisie bied 1 nag besprekings en het nie 'n 2 nag minimum-verblyf limiet nie. Reaksie op navraag was vinnig en vrae is goed beantwoord. Paula is ook baie akkommoderend en sou selfs tot 23:00 wag om te kom oopsluit indien nodig. Dis 100 m vanaf die hoofpad op pad na die Lesotho-grens, maar die "verkeer geraas" soos onder genoem in 'n vorige resensie is glad nie opgemerk of enigsins rede tot bekommernis nie. Indien jy die "essence" van Fouriesburg wil ervaar, is dit die regte plek om by te bly vir 1-2 nagte. Die eenheid is mooi versier binne wat die oudmodiese gevoel nog gee met foto's teen die mure, oorspronklike houtvloere, en heelwat boeke beskikbaar vir lees. Dit is skoon en netjies. Het die flipfile in die eenheid met oorspronklike foto's terdeë geniet. Kon sien dis met baie moeite en opslaanwerk aanmekaargesit. Die hele Vrystaatse geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog is mooi beskryf saam met die geskiedenis van die hele dorp asook die Pophuisie self. As jy 'n geskiedenisdier is sal dit jou plesier en sal dit jou 'n goeie nostalgiese boere-gevoel gee en weer 'n trots binne mens wakker maak! Geen TV is beskikbaar nie, maar het dit glad nie nodig gehad nie. Al die basiese geriewe was beskikbaar. Selfs koffie, suiker en vars melk was voorsien tesame met handdoeke. Dis 1 minuut stapafstand vanaf 'n gesellige gesin-restaurant. Hoogs aan te beveel vir 'n klein gesin op pad na AfriSki! Baie naby Clarens en Golden Gate, maar goedkoper bestemming vir verblyf. En ons het die groot sneeu in Fouriesburg en area met 1 dag gemis! Sal moet teruggaan in die toekoms om weer te sien.

Walter S - Jun 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Walter S

Goeie waarde vir geld.

Meer as voldoende vir verblyf terwyl jy op reis is deur die Oos-Vrystaat en teen 'n billike prys.

Thys E - Nov 2016
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Thys E

Nie die aangenaamste verblyf nie. Het onveilig gevoel.

Die verblyf was skoon, maar die fasiliteit is oud en swak onderhou. Sal nie aanbeveel nie. Het veel meer verwag.

Jacques P - Aug 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques P

Naweek weg saam 'n paar vriende.

Ons het baie lekker gebly in die pophuisie en die eienaar was baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal dit gerus aanbeveel.

Gavin M - Des 2015
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Gavin M

Redelike akkommodasie vir oorslaap, maar nie gemaklik vir langer verblyf nie.

Ons het ‘n bespreking gehad by die Pophuisie op Fouriesburg die afgelope tyd. Die verblyf het ongelukkig nie aan ons verwagting voldoen nie. Ons was bespreek vir 5 nagte daar, maar ons het toe net vir 3 nagte daar uitgehou. Die huisie is baie mooi gerestoureer, maar ongelukkig op ‘n verkeerde plek vir mense wat tot rus wil kom. Dis beslis nie ‘n gemaklike vakansieplek vir ‘n paar dae nie. Ons sal dit aanbeveel vir ‘n een nag oorslaap, maar beslis nie vir meer as een nag nie. Die huisie is ongelukkig twee erwe geleë vanaf die hoofingang van Lesotho (Caledonspoort grenspos), Clarens, Ficksburg en Bethlehem, met die gevolg dat ons die eerste nag glad nie kon slaap vanweë al die lawaai van trokke, taxi's, musiek, mense, ens. Omdat ons nie geld wou verloor nie, moes ons noodgedwonge drie nagte daar slaap. Ons het toe vir die vierde en vyfde nag op ‘n plaas daar naby gaan bly. Die huisie is glad nie vakansie-vriendelik nie. Daar is baie stof oral, geen waaier in die hoofslaapkamer in die snikhete tyd toe ons daar was nie, geen gemaklike en privaat braaiplek nie. Die eienaar was baie vriendelik en het verstaan toe ons ons behoefte aan rus verduidelik het.

Die Pophuisie se terugvoer

Baie dankie vir u terugvoer. Ek vra om verskoning indien daar stof was, aangesien ek 'n hoë standaard van netheid probeer handhaaf. Ek het intussen 'n waaier aangeskaf en ek glo dat dit sal help vir die ongekende hitte toestande wat tans heers.

Die Pophuisie
Andre R - Jun 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre R

Excellent overnight stop, Paula Greyling knows how to provide quality.

As a stop over at Fouriesburg on the way into Lesotho, Die Pophuisie is ideal, all year round! It's a beautiful place that offers quality for money - as is Wegkomkans, Paula's other venue across the street. Friendly, professional and personal service by the owner. Can recommend this place to all.

Marius D - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius D

Heerlike oornagplekkie uit die stad uit!

Hoewel die pragtige sandsteen-huisie oud is, is alles pragtig skoon en netjies. Paula is 'n wonderlike gasvrou. Ek het haar na-ure gebel oor 'n sleutel wat ek verkeerdelik gedink gebreek het, en sy was vinnig daar om te help en ten spyte van my fout was sy steeds haar vriendelike self! Ons het deur die dorp gestap en die nag heerlik oorgeslaap. Sal môre weer daar bly!

Aj R - Okt 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Aj R

Lekke!

Lekker gebly by Die Pophuisie.

Maria Johanna L - Nov 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Maria Johanna L

Baie stil en rustig!

Paula is baie vriendelik en het ons by aankoms vriendelik ontvang. Was ook baie behulpsaam en het ons van besienswaardighede in die omgewing vertel! Baie dankie, Paula! Sal weer van jou plekkie gebruik maak.

Hannelie D - Feb 2014
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Hannelie D

As jy niks kry nie, is dit aanvaarbaar.

Dit was 'n oornagblyplek, 'n dak oor 'n mens se kop.

Wynand B - Okt 2013
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wynand B

Ons het baie lekker gebly. Dankie.

Lekker plek, lekker dorp, lekker mense en lekker kos.

Kevin B - Des 2013
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Kevin B

Lovely stay.

It was a great evening. Beautiful rooms and great service from Paula. Highly recommended.

Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 350
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rautenbach-straat, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk4YWY3MmYxLWE1ZTgtNGFmNi1hMjM5LWE3NzI5N2IxNWE3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 4 mense 17 5 1 5 Rautenbach Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.623800459332 28.208094835281

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang