Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Pophuisie

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
3.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.1
Jannie G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2023

Die FAK moet 'n storie doen! Wat 'n belewenis om in so 'n stukkie geskiedenis te kon oornag! Fouriesburg is 'n versteekte juweel in die Oos Vrystaat, sal dit vir enige reisiger aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jeanne D
1 nag
4.2
Mrt 2021

Rustige verblyf in 'n tradisionele huisie. Ek en my vrou en dogter het by die Pophuisie oorgebly vir een nag op pad na ons volgende bestemming.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Gerald B
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Mei 2018

Bekostigbaar, netjies en goed geleë. Baie lekker gekuier. Sal weer Die Pophuisie besoek.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Aantje K
1 nag
5.0
Mrt 2016

'n Kosbare ervaring! Dankie baie. Die Pophuisie was 'n besonderse ervaring. Dis uniek ingerig met al die ou goedjies. Ek kan Die Pophuisie beslis aanbeveel! Ons het warm en veilig geslaap en lekker ontspan. Ek sal beslis weer van Die Pophuisie gebruik maak indien ons akkommodasie benodig in die mooie Vrystaat-landskap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Roland D
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Jul 2016

Uit op 'n sneeujag - hoogs aan te beveel! Ons het die verblyf geniet. Die Pophuisie bied 1 nag besprekings en het nie 'n 2 nag minimum-verblyf limiet nie. Reaksie op navraag was vinnig en vrae is goed beantwoord. Paula is ook baie akkommoderend en sou selfs tot 23:00 wag om te kom oopsluit indien nodig. Dis 100 m vanaf die hoofpad op pad na die Lesotho-grens, maar die "verkeer geraas" soos onder genoem in 'n vorige resensie is glad nie opgemerk of enigsins rede tot bekommernis nie. Indien jy die "essence" van Fouriesburg wil ervaar, is dit die regte plek om by te bly vir 1-2 nagte. Die eenheid is mooi versier binne wat die oudmodiese gevoel nog gee met foto's teen die mure, oorspronklike houtvloere, en heelwat boeke beskikbaar vir lees. Dit is skoon en netjies. Het die flipfile in die eenheid met oorspronklike foto's terdeë geniet. Kon sien dis met baie moeite en opslaanwerk aanmekaargesit. Die hele Vrystaatse geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog is mooi beskryf saam met die geskiedenis van die hele dorp asook die Pophuisie self. As jy 'n geskiedenisdier is sal dit jou plesier en sal dit jou 'n goeie nostalgiese boere-gevoel gee en weer 'n trots binne mens wakker maak! Geen TV is beskikbaar nie, maar het dit glad nie nodig gehad nie. Al die basiese geriewe was beskikbaar. Selfs koffie, suiker en vars melk was voorsien tesame met handdoeke. Dis 1 minuut stapafstand vanaf 'n gesellige gesin-restaurant. Hoogs aan te beveel vir 'n klein gesin op pad na AfriSki! Baie naby Clarens en Golden Gate, maar goedkoper bestemming vir verblyf. En ons het die groot sneeu in Fouriesburg en area met 1 dag gemis! Sal moet teruggaan in die toekoms om weer te sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Walter S
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2016

Goeie waarde vir geld. Meer as voldoende vir verblyf terwyl jy op reis is deur die Oos-Vrystaat en teen 'n billike prys.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Thys E
1 nag Saam met lewensmaat
2.4
Nov 2016

Nie die aangenaamste verblyf nie. Het onveilig gevoel. Die verblyf was skoon, maar die fasiliteit is oud en swak onderhou. Sal nie aanbeveel nie. Het veel meer verwag.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
1.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0

Jacques P
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Aug 2015

Naweek weg saam 'n paar vriende. Ons het baie lekker gebly in die pophuisie en die eienaar was baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal dit gerus aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gavin M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Des 2015

Redelike akkommodasie vir oorslaap, maar nie gemaklik vir langer verblyf nie. Ons het ‘n bespreking gehad by die Pophuisie op Fouriesburg die afgelope tyd. Die verblyf het ongelukkig nie aan ons verwagting voldoen nie. Ons was bespreek vir 5 nagte daar, maar ons het toe net vir 3 nagte daar uitgehou. Die huisie is baie mooi gerestoureer, maar ongelukkig op ‘n verkeerde plek vir mense wat tot rus wil kom. Dis beslis nie ‘n gemaklike vakansieplek vir ‘n paar dae nie. Ons sal dit aanbeveel vir ‘n een nag oorslaap, maar beslis nie vir meer as een nag nie. Die huisie is ongelukkig twee erwe geleë vanaf die hoofingang van Lesotho (Caledonspoort grenspos), Clarens, Ficksburg en Bethlehem, met die gevolg dat ons die eerste nag glad nie kon slaap vanweë al die lawaai van trokke, taxi's, musiek, mense, ens. Omdat ons nie geld wou verloor nie, moes ons noodgedwonge drie nagte daar slaap. Ons het toe vir die vierde en vyfde nag op ‘n plaas daar naby gaan bly. Die huisie is glad nie vakansie-vriendelik nie. Daar is baie stof oral, geen waaier in die hoofslaapkamer in die snikhete tyd toe ons daar was nie, geen gemaklike en privaat braaiplek nie. Die eienaar was baie vriendelik en het verstaan toe ons ons behoefte aan rus verduidelik het.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Paula
Die Pophuisie
Baie dankie vir u terugvoer. Ek vra om verskoning indien daar stof was, aangesien ek 'n hoë standaard van netheid probeer handhaaf. Ek het intussen 'n waaier aangeskaf en ek glo dat dit sal help vir die ongekende hitte toestande wat tans heers.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 350
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rautenbach-straat, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk4YWY3MmYxLWE1ZTgtNGFmNi1hMjM5LWE3NzI5N2IxNWE3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 4 mense 17 5 1 5 Rautenbach Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.623800459332 28.208094835281

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang