Die Skooltjie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R356, Klipbanksrivier, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Die Skooltjie is 'n knus, gerieflike kothuis, gevul met karakter en stories. Die gerestoureerde plaasskool is geleë op 'n werkende skaapplaas in die Benede en Tankwa-Karoo, 'n gebied tussen Ceres en Sutherland, bekend vir skoon, oop nagte van helder sterre en die wêreldbekende SALT-teleskoop.
Die Skooltjie is goed toegerus met geriewe soos Onbeperkte Wi-Fi en goeie sonkrag, warm water, 'n gasbrander asook 'n houtstoof, mikrogolf, yskas, en alle benodigdhede. 'n En suite-dubbelslaapkamer lei na 'n ruim badkamer met 'n bad, pragtige instapstort en toilet. 'n Gasgeiser verseker warm water. 'n Gesellige buitebraai is voor die deur met 'n gemaklike sitarea.
Die Skooltjie bied die ideale Karoo-ervaring in die uitgestrekte veld en ongerepte natuur met geleenthede vir opwindende nagfotografie. Dit spog met 'n uitsig oor die Tankwarivier en die hange van die Roggeveldeskarp in die verte.
Doendinge is volop en sluit in kleinwild- of voëlkyk, stap of fietsry, pieknieks op die rotsoewers en daar is lieflike passe in die nabygeleë area om met jou voertuig aan te durf, insluitend die Ouberg-, Gannaga- en Verlatenkloofpasse. Die Tankwa Nasionale Park is binne maklike bereik, bekend vir inheemse vetplante en kleinwild. Gaste kan ook 'n daguitstappie na die Tankwa-plaasstalletjie doen.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Hanlie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- R356, Klipbanksrivier, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink Die Skooltjie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tankwa Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R356, Klipbanksrivier, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang