Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Stalhuisie

Selfsorg

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 19

Op LekkeSlaap 5 jaar

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 5 resensies vir Die Stalhuisie
Netheid
4.4/5
Diens
3.6/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5
Carmen B - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carmen B

Pragtige huisie, rustige plaas. Ons kom weer. X.

Dit is 'n pragtige huisie met al die benodigdhede vir ons verblyf. Die rustigheid van die plaas en die geluide van die diere. Ons sal dit vir seker aanbeveel vir mense wat in die area wil woon.

Die Stalhuisie se terugvoer

Dankie vir die mooi resensie, Carmen. Ons hoop om julle gou weer te verwelkom. Mooi bly.

Die Stalhuisie
Gerrit J - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Gerrit J

Die ideale plek om te ontlaai en weg te kom van alledaagse geraas en gewoel van die stadslewe.

Die Stalhuisie het alle geriewe wat mens nodig het vir 'n gerieflike wegbreek. Dit is 'n selfsorg-eenheid wat 7/8 mense huisves. Beplan net vooraf baie goed wat jy in terme van kos benodig. Daar is geen winkels en supermarkte nie. Die Stalhuisie het geen radio- en TV-geriewe nie, maar wel WiFi. Dus moes ek my rekenaartablet gebruik om toegang te hê tot die buitewêreld.

Die Stalhuisie se terugvoer

Dankie Gerrit vir die besoek. Kom kuier gerus weer, bly julle kon lekker ontspan.
Vir toekomstige gaste, neem asb kennis dat die naaste dorpie 8km vanaf die plaas is. Herbertsdale het ‘n winkel en ook Kooperasie waar jy die nodigste kruideniers sal kry. Mosselbaai is 40km vanaf die plaas met alles wat jy sal nodig hê. Dit sal wys wees om alle nodige kruideniersware saam te bring aangesien die Stalhuisie ‘n Selfsorg eenheid is.
Wat TV en radio betref, ons moedig ons gaste aan om bietjie te vergeet van tv en radio. Geniet die plaaslewe, kyk lekker uit oor die kampe en natuurskoon. As jy gelukkig is, sien jy alles wat mooi is sonder om eens ‘n tv of radio aan te sit. Ons bied wel Wi-Fi, so jy is darem nie heeltemal van die buite wêreld afgesny nie. Deel gerus in die doen-en-late daar buite, maar onthou om ook bietjie af te skakel en die mooi daar buite te waardeer. Groetnis

Die Stalhuisie
Annalize C - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annalize C

Baie rustige omgewing en huisie baie netjies.

Sien sterre.

Die Stalhuisie se terugvoer

Baie dankie vir die mooi resensie. Ons waardeer dit opreg en hoop om julle in die toekoms weer te sien op die plaas. Mooi bly, groete Andrea.

Die Stalhuisie
Tersia B - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Tersia B

Geen WiFi, wat nie gepas is vir iemand wat vir besigheid reis nie, maar mooi en vars lug.

Die ligging is alles goed en wel. Die plekkie is bitter koud vir die winter en vir die prys sou ek nogals dink hul sal hout verskaf vir vuur. Andersins heel oraait.

Die Stalhuisie se terugvoer

Baie dankie vir die resensie. Nêrens word hierdie instansie geadverteer met Wi-Fi nie. As jy vir besigheid reis, maak asb altyd vooraf seker of die instansie aan jou vereistes voldoen.
Ek is seker daarvan die warm elektriese kombers, egte bokhaar komberse en spesiale winterlakens op die beddens sou ‘n warm bed verseker het. Ek sien dit as ‘n luukse in die Suid-Afrikaanse gasvryheidsbedryf.
Die Stalhuisie is ‘n selfsorg eenheid, daarom word daar ook vooraf aan gaste gekommunikeer dat hout self voorsien moet word.

Die Stalhuisie
Wendy V - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Wendy V

Skoon en netjies.

Die huisie was skoon en netjies.

Vanaf R2 450
R2 450 R2 205
per nag, vir 4 mense
Vanaf R2 450
R2 450 R2 205
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Peachgrove-weg, Herbertsdale, 6505, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcbd3b8c87900c4f9dc5656c17642b083efb36be0dd22de9a1dadd82a5567eb6a20e7d5b0113ca408d34cf9de6e42ef6b6916?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 450 nouVanaf R2 205 per nag, vir 4 mense 5 5 1 5 Peachgrove Road Herbertsdale 6505 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.0732338 21.744176

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang