Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Tuis Huis

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meiringstraat 33, Paglande, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Vanaf R875 R656 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Tuis Huis is 'n pragtige selfsorggastehuis wat gehalteverblyf teen bekostigbare tariewe in die skilderagtige dorpie Worcester bied. Dit is sentraal vir sakereisigers of besoekers aan die area.

Die Tuis Huis het sonpanele en batterye en ervaar dus geen beurtkrag nie.

Die hoofhuis bestaan uit 3 privaat kamers wat apart of saam bespreek kan word vir 'n gesin of groep van 7. Elkeen van die kamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n TV met DStv-kanale. Elke kamer het ook 'n privaat badkamer. Gerieflikheidshalwe word beddegoed en handdoeke voorsien.

Die 3 kamers deel die gebruik van die gemeenskaplike kombuis, leefarea en die buitebraai-area. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer met lugversorging het 'n TV met DStv. Daar is 'n buitebraai vir gaste se gebruik en 'n kontinentale ontbyt is beskikbaar op versoek teen 'n ekstra fooi.

Boonop is daar 'n tuinwoonstel wat apart van die hoofhuis is. Dit beskik oor 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, konveksie-oond, broodrooster en ketel.

Die Tuis Huis is net 500 m vanaf die Worcester Mediclinic, 1,2 km vanaf die De La Bat Skool vir Dowes, 1,6 km vanaf Worcester Gimnasium, 1,7 km vanaf die Instituut vir Blindes, 2 km vanaf die Hoër Tegniese Skool Drostdy, en het maklike toegang tot die R60. Worcester bied 'n verskeidenheid besienswaardighede soos verskeie wynkelders en restaurante, museums, die Fossielroete en die Kleinplasie Opelugmuseum.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Liesbet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Meiringstraat 33, Paglande, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Tuis Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R875
R875 R656
per nag, vir 2 mense
Vanaf R875
R875 R656
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meiringstraat 33, Paglande, Worcester, 6850, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0hYWeJOOvh3dpNKyiyY3pa39TxvPIynWBb1y3SwLfAvd1kn0ax?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R875 nouVanaf R656 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 33 Meiring Street Paglande 6850 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.640204592659 19.452179076057

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang