Die Wa-huis
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesvlei Gasteplaas, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Wa-huis is 'n bekoorlike kothuis wat bo 'n heuwel geleë is en 'n uitsig oor die Gamkarivier en Matjiesvlei Gasteplaas het. Dit bied outentieke Karooverblyf en dateer uit die 1800's. Dit is die ideale opsie vir gaste wat uit die stadslewe wil wegbreek en 'n nederige, nostalgiese ervaring wil geniet.
Dié bekoorlike kothuis het slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed. Dit lei na 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die eenheid het nie elektrisiteit nie, maar daar is kerse en lampe. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n etenstafel met stoele.
Daar is 'n braai met 'n asemrowende uitsig oor die rivier en op die berge.
Die Damrivierkamp is op die skilderagtige oewer van die Gamkarivier geleë. Dit is 'n hengelaar se paradys en het 'n verskeidenheid visspesies, soos geelvis, swartbaars, paling en karp. Daar is ook fantastiese watergate wat perfek vir swem en roei is. Gaste kan ook die Bôjaankop-4x4-roete aandurf wat na die bopunt van Bôjaankop gaan en waar gaste 'n asemrowende uitsig oor die Klein-Karoo kan geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Selma Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 87
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Matjiesvlei Gasteplaas, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Calitzdorp Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesvlei Gasteplaas, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang