Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Wit Hangmat

Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: R573, Leeuwkloof Plaas, Erfdeel 30, Cullinan, 1002, Gauteng
  • Vanaf R3 500 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Die Wit Hangmat is op 'n bosveldplaas in die skilderagtige Leeuwkloofvallei, minder as 'n uur se ry vanaf Pretoria geleë. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige en stil wegbreek in die natuur. Die verblyf het sonkrag en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Verblyf word in 2 eenhede met en suite-badkamers gebied. Die eerste eenheid het 'n koninggrootte-bed, 'n kinderbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en 'n bad. Die tweede eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n ekstra lang dubbelbed. 'n Ekstra dubbelslaapbank is beskikbaar om nog 2 gaste te akkommodeer. Alle beddegoed, linne en bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Daar is 'n lapa met braai- en kookgeriewe wat 'n tweeplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en 'n gasbraai insluit. Ys, hout en vuuraanstekers is by die tariewe ingesluit.

Gaste het eksklusiewe toegang tot 'n verhitte Jacuzzi met 'n uitsig oor die bosveld en sonsondergang, asook 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennistafel en 'n veerpyltjiebord. Gaste kan ook swem, fietsry, voetslaan en voëlkyk op die perseel.

Hierdie stuk bosveld word deur die Leeuwkloofpark Privaat Natuurreservaat omring en dus sal gaste dalk verskeie wildspesies sien. Wildritte word nie aangebied nie, maar gaste kan gaan stap of fietsry, by die verskeie piekniekplekke in die veld stop en saans hulle ore vir naguile, jakkalse, hiënas en selfs leeus oop hou.

Dinokeng Wildreservaat is 25 km ver en gaste kan dit self besoek of op versoek 'n wildrit reël. Daar is ook 4x4-roetes, piekniekareas en die Groot 5 in die Dinokeng Wildreservaat. Die dorpie Cullinan is naby waar daar interessante winkels en restaurante te sien is.

Kamer-opset

Kapasiteit: 9 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xKoninggrootte-bed
1 xKinderbed vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang
  • Privaat swembad

Dienste

  • Internet koppeling
  • Diens op aanvraag
  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ekstras

  • Kroegyskas
  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Luned L
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte wegbreek uit die stad. Rustige plek, naby aan die stad. Baie netjies omring deur die mooiste van die natuur.
Sep 2024
Terence M
Saam met lewensmaat
5.0
A great getaway. Die Wit Hangmat is a fantastic destination and we will definitely be returning.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Gabriel C
Saam met lewensmaat
5.0
Excellence. Ons verblyf was uitstekend. Baie ontspannend. Vriendelike diens en baie aangename verblyf. Baie lekker "bos" ondervinding.
Mei 2024
Margaret J
5.0
Elke apek van die akkommodasie was gedek en van uitsonderlike en uitstaande gehalte. Ons het baie lekker gebly en elke apek van die akkommodasie was g...
Sien meer
Apr 2024
Natasha F
5.0
Absolutely magical. Dit was gesonders lekker gewees. Alles is daar wat mens nodig het en baie lekker plek vir rus en spesiale herinneringe te maak. On...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Deirdre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R573, Leeuwkloof Plaas, Erfdeel 30, Cullinan, 1002, Gauteng
  • Gaste dink Die Wit Hangmat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: R573, Leeuwkloof Plaas, Erfdeel 30, Cullinan, 1002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0d4e95f99c62241b593904fb1a8397191d7dfc52b547dd596a4de21cb576965f3cc1ed671d2c49fe97c4391bb096fe040dbd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag, vir 9 mense 64 5 1 5 R573 Leeuwkloof Farm, Portion 30 1002 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -25.496490131552 28.505895137787

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang