Dilisca Guesthouse
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Dilisca Guesthouse is 'n lieflike 4 ster-gastehuis in Durbanville, Kaapstad. Gaste kan kies uit 1 van die 13 individueel versierde kamers: Standaardkamers, Luukse Kamers, Gesinskamers en Executive-kamers. Die gastehuis gebruik boorgatwater en sonkrag.
Al die kamers beskik oor lugversorging en perkallinne. Elke kamer bevat ook 'n haardroër, 'n TV met DStv-kanale, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n lessenaar en gratis WiFi van hoë gehalte. Die kamers word daagliks skoongemaak en veilige parkeerplek word voorsien.
Die 7 Standaardkamers het elk 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die 4 Luukse kamers het elk 'n koningin- of koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer (waarvan 1 'n bad het), 'n mikrogolfoond en 'n privaat stoep.
Die Gesinskamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed met 'n en suite-badkamer. Dit het ook al die afwerkings wat die luukse kamers het. Die kamer het ook 'n stoep.
Die Executive-kamer het 'n volledige ruim en suite-badkamer, instapkaste, 'n koninggrootte-bed en 'n aparte leefarea met 'n binnebraai.
Ontbyt is beskikbaar by die restaurant op die perseel. Wegneem-ontbyt en -middagetes kan ook voorsien word. Aandete kan op versoek in die kamer, of vir klein funksies voorsien word.
Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die area soos gholf by Durbanville Gholfbaan of 'n bietjie verder is daar Tafelberg, die V&A Waterfront en Akwarium, Kirstenbosch en die verskeie wynplase in en om Kaapstad. Die gastehuis is net 5 minute se ry van 2 privaat hospitale af.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Colett Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 120
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Dilisca Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang