Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dimalachite River Lodge & Nature Resort

  • Kapasiteit: 415 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dimalachite River Lodge, Witbank-plaas, Vredefort, 9595, Vrystaat
  • Vanaf R485 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dimalachite River Lodge & Nature Resort is op die Vaalrivier se oewer geleë, 12 km vanaf Parys en 11 km vanaf die Vredefortkoepel Erfenisterrein. Dimalachite is na die kuifkopvisvanger vernoem wat langs die oewer van die Vaalrivier nesmaak. Verblyf word in luukse lodges, chalets en op kampeerplekke gebied.

Gaste kan van die kouewaterswembad gebruik maak of die ander aktiwiteite wat aangebied word geniet, insluitend voëlkyk, mini-gholf, trampoliens, fietsry en verfbal-teikenskiet. Daar is ook 'n klimraam vir kinders.

Met diep gate en stroomversnellings is Dimalachite die ideale visvangplek vir kunsvlieghengel en oewerhengel. Visvang word op 'n streng vang-en-vrylaat-basis toegelaat. Gaste kan karp, geelvis, moddervis en babers visvang. Vlotte kan gehuur word, of gaste kan hul eie saambring. Begeleide visvanguitstappies kan ook gereël word.

Een van die gewildste aktiwiteite is witwatervlotvaart. DIe lodge bied 'n ongeveer 4 uur lange matig tot moeilike riviervlotvaartrit aan, sowel as 'n meer ontspanne rit van sowat 1,5 uur. Gaste kan ook 'n sonsondergang-bootrit op die vlotte geniet en dit met versnaperinge of 'n vreugdevuurbraai afsluit.

Dimalachiet spog met gemsbokke, swartwitpense, rooihartbeeste, sebras, duikers, rooibokke, springbokke, njalas en koedoes op die plaas. Selfry-wildritte kan by ontvangs bespreek word.

Die lodge bied ook spanbou-aktiwiteite, 'n boma en konferensiegeriewe vir skool-, korporatiewe en privaat groepe.

Omring deur water, wild en natuur, waar die geroep van die visarend van tyd tot tyd gehoor kan word, bied die lodge 'n rustige en natuurlike omgewing waarin gaste kan ontspan.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Johan F
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste visvang wegbreek ooit. Baie skoon en netjies, vriendelike mense en baie goeie diens. Die visvang was baie goed. Beveel dit enige tyd aan.
Des 2023
Josua V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike Langnaweek op die oewer van die Vaal Rivier. Definitief een van die kampeer terreine op die Vaal Rivier wat deur en deur die moeite werd is. ...
Sien meer
Mei 2023
Lisl D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie baie nice. Dankie. Rustig. Natuurskoon beautiful. Badkamers skoon en netjies.
Feb 2023
Riaan L
Saam met vriende
4.8
Heerlik en ontspannend. Baie lekker gekamp en visgevang. Die personeel was baie behulpsaam.
Apr 2024
Annette R
Saam met lewensmaat
4.8
Net een woord "awesome". Was heerlik, rustig, skoon en netjies. Almal baie vriendelik. Swembad was ongelooflik aangenaam om in te swem.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Hannes Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 53

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Dimalachite River Lodge, Witbank-plaas, Vredefort, 9595, Vrystaat
  • Gaste dink Dimalachite River Lodge & Nature Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 485
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 485
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 415 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dimalachite River Lodge, Witbank-plaas, Vredefort, 9595, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6Eh0vh4vLQlMpe9nffLJTrvOK9FRYVz35e5MUhJx89GmNS4gf1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R485 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 Dimalachite River Lodge Farm Witbank 9595 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -26.903309116554 27.368180572812

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang