Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dinonyane Lodge Birders Paradise

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.5
Diens
4.0
Veiligheid
4.2
Nasstasja V
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2023

Baie lekker atmosfeer. Dit was baie lekker, maar kan nie te veel sê nie, want ons was maar net vir 1 aand daar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annerike M
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Okt 2024

Vriendelike mense, maar die plek kort opgradering. Diens en mense is baie vriendelik. Hulle het ons tegemoetgekom om vroeër te kan inklok en reg te kan maak vir 'n troue wat ons bygewoon het daar naby. Ons was ook dankbaar vir die gratis WiFi. Die verblyf was seker ok, het net een nag oorgebly en was min in die plekkie self. Ek was nie geskok oor die toestand van die plek nie, want die ander resensies het my voorberei. Ek het wel regtig gehoop hulle luister na wat gesê word. Maar hulle kort 'n opgradering van alles. Alles is oud. Dit was ook nie regtig skoon nie. Beddegoed was vuil of gevlek. Glase vir water was vuil. Kussings was plat en ongemaklik. Die toilet het toiletwater gelek oor die vloer elke keer as jy dit gebruik het. Krane word nie gereeld oopgemaak nie, want dit is net bruin water as jy dit eerste keer oopmaak. Die bedlampie het nie gewerk nie en die dakwaaier het baie lawaai gemaak, so mens kon nie met hom aan slaap nie; dit was 'n vrek warm nag. Die plek word nie gebruik nie en voel amper soos 'n spookdorpie. Ons en vriende (wat ek verwys het) was die enigste mense daar, mens sal dan eintlik dink die kamers gaan spotless wees. Dis baie jammer, want daar is baie duur lodges in die omgewing wat troues hou en mens kort bekostigbare verblyf vir die wat nie by die lodges kan oorbly nie. Hulle gaan moet geld instoot om die plek weer op die been te kry.

Netheid
1.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
hi Annerike Ek vra omverskoning as daar iets was wat vuil was. Ek weet dit is nie 'n verskoning nie, maar my vrou wat in beheer van al die goed is, was af siek omdat sy net een nier het. Sy is gewoonlik erg oor al die goed waar ek as man nie regtig kyk na al sulke goed nie. Ek weet ook nie van iemand wat iets gesê het wat aangespreek moes word nie, maar ek sal sorg om aan die foute te werk wat julle genoem het. Baie dankie vir ondersteuning en jammer as als nie 100% was nie.

Anonieme gas
1 nag Saam met vriende
2.4
Apr 2023

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
Goeie dag Werner Ek is baie jammer weereens oor die water. Oor die netheid is ek jammer om te hoor. Julle het niks gesê nie. Ons sal seker maak om dit reg te kry. Dankie vir die terugvoer. Groete Alta

Boniswa N
Kort verblyf
2.2
Des 2023

Unpleasant. There was spider web on each corner, on the roof and inside the basin cupboards. Only 1 hanger in the room. We arrived Friday, left Saturday morning until after 17h00. They did not clean the room nor take out the dust, which was full from takeaway boxes. Now the whole room was smelly as we walked in on Saturday evening.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
Hi Boniswa, I sincerely apologise for the spider webs that you found in your room. My cleaners always go through the rooms in the mornings when we know someone is coming in, but one thing people must realise is that this is the bushveld. We try our best but the spiders seem to try harder. The issue with the single coat hanger, I can understand and will rectify it. My cleaners are not allowed in the room unless you specifically arrange it with me. I have to be present when they do that to avoid any other problems, like clients complaining about missing items. But thank you for bringing these matters to my attention. We strive to improve and hope that the next time you visit, you'll find that we took your words to heart. Sincerely, Dinonyane Lodge

Gerhard G
Kort verblyf
4.4
Jun 2022

Heerlik en aangenaam. Die klein foutjies wat daar was is onmiddelik reggestel en selfs met loadshedding is daar voorsiening gemaak vir krag en daar was die hele tyd gratis WiFi wat uitstekend gewerk het. Ek sal die plek met graagte aanbeveel.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
Dankie Gerhardus vir die terugvoer. Dit was baie lekker om julle by ons te he. Hoop ons sien julle gou weer.

Lucy B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
1.6
Nov 2022

Teleurstellend, lugversorger en TV buite werking. Slegs een bedlampie en kanttafeltjie, ook buite werking! Die twee plastiekstoele was baie ongemaklik. My man se stoel het gebreek en hy het op die vloer te lande gekom. Die toilet het gelek, ons wou die deur toemaak om geluid uit te doof, maar die deur het geen handvatsel gehad nie! Lugversorger, TV en bedlampie buite werking. Minderwaardige stoele wat jou veiligheid bedreig. Glad nie waarde vir geld nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
Goeie more Lucy. Ons is baie jammer om van julle slegte ondervinding te hoor. As julle dit genoem het sou ons dadelik werk gemaak het van die situasies. Om jammer te sê bied ons vir julle een nag gratis verblyf mid week. Kontak ons gerus om te bespreek.

Stephus D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
1.8
Nov 2020

Teleurstellend. Die kamer was vuil en het spinnerakke oor die kopstukke gehad - duidelik nie skoongemaak nie. Geen water in pype en geroeste pype laat jou vuil ruik na 'n stort. Linne was stukkend en geskeur.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Luoise D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2019

Dit was heerlik en rustig. Ons verblyf by Dinonyane Lodge was so lekker en rustig. Die kos is fantasties. Die diens is vriendelik en hulle help graag. En die voëltjies se geselskap maak dit sowaar 'n tyd om te onthou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
Baie dankie vir die terugvoering, Luoise. Julle was wonderlike gaste en ons sal altyd plek he vir julle. Eens weer baie dankie. Vriendelike groete, Dinonyane Lodge.

Marius F
Kort verblyf
5.0
Sep 2019

Baie lekker en bekostigbaar. Was besigheid in die area en akkommodasie was binne ons begroting.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
Baie Dankie vir die terugvoer Marius, hoop ons sien julle weer. Groete Dinonyane

Petro V
Kort verblyf
5.0
Jul 2019

Absoluut fantasies! Dit was regtig wonderlik, pragtige natuur, stilte en gawe mense met vyfster verblyf. Ek gaan binnekort terug.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Henk
Dinonyane Lodge Birders Paradise
Beste Petro, Baie dankie, jou kuier hier by ons was wonderlik. Ons sien uit na jou volgende besoek. Laat dit goed gaan met jou. Groete, Dinoyane Lodge

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Henk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 14 jaar

Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 55 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boekenhout-plaas, Boekenhout, Naboomspruit, 0561, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdlMTQ1OWJlLTVlMjEtNDM0Mi1hZGY4LWU3MTU4YzE5MWE1Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 4) 52 5 1 4 Farm Boekenhout Boekenhout 0561 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -24.639444444444 28.653611111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang