Dizzy Hill Villa
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sinclair-straat 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R10 000 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Dizzy Hill Villa is 'n ruim vakansiehuis met 270°-uitsigte oor die see. Die eenheid het 'n swembad en bied slaapplek aan tot 14 gaste in Plettenbergbaai en is net 500 m van die strand en die middedorp af.
Die multi-verdiepinghuis beskik oor 6 slaapkamers, 6 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 2 leefareas. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en dit het 'n uitsig oor die see, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n aparte opwaskamer. Maaltye kan geniet word by die ontbyttoonbank of in die eetarea. Die leefarea het 'n kaggel, 'n TV met DStv Now en WiFi. Dit lei na 'n stoep wat reg rondom die huis strek en onbelemmerde uitsigte oor die baai bied. Daar is ook houtbraaigeriewe.
Die hoofingang is op die middelste verdieping en lei na parkeerplek vir 2 voertuie sowel as die oprit. Daar is 3 slaapkamers op hierdie verdieping, asook 'n werkspasie, en 'n waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die waskamer lei na 'n buite-area met 'n wasgoeddraad.
Die tweede kamer het 'n enkelbed en deel 'n badkamer met die vierde kamer. Dit lei na 'n stoep met see-uitsigte en dié kamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer en lei na 'n stoep met lieflike see-uitsigte.
Die vyfde kamer is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die sesde kamer het 5 enkelstapelbeddens en deel die badkamer langsaan. Albei dié kamers lei na die dek en swembad-area. Daar is ook 'n vermaakarea op die grondverdieping met 'n TV met DStv Now, Netflix, WiFi en tafelsokker. Dit lei ook na die dek en swembad-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Stapelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Anthony Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 6
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Sinclair-straat 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sinclair-straat 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang