Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

DK Villas Harbour View

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 40, Eenheid 9, Harbour View, Houtbaai, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 190 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

DK Villas Harbour View is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Houtbaai, Kaapstad. Die woonstel het slaapplek vir 6 persone en bied lieflike uitsigte oor die area en ver see.

Dié woonstel op die 2de verdieping beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde kamers het elkeen 'n dubbelbed, en deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Elke bed is toegerus met fyn katoenlinne, vere-duvets en kussings.

Die oopplan-kombuis spog met Caesarstone-werkblaaie en bevat 'n elektriese stoof en kookplaat, 'n dubbelwasbak, 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die aangrensende sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en maak oop op die balkon wat ook uitsigte na die berge en oor die hawe bied. Gratis WiFi-internet word in die woonstel voorsien.

Die eenheid het een toegewyde onderdak-kelderparkeerplek vir 1 motor. Die kompleks is oorkant 'n klein winkelsentrum geleë, en is naby die strand en restaurante.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Marinda N
Gesin met klein kinders
5.0
Beste plek waar ons nog ooit tuisgegaan het! Baie mooi en smaakvol toegerus.
Jul 2024
Rene D
Saam met vriende
5.0
Uitstekende diens. Die woonstel is baie goed geleë met persoonlike diens van die eienaar.
Jan 2024
Mandy S
5.0
Johann was extremely welcoming! The villa is beautifully decorated and it's upmarket appliances and beautiful kitchen cupboards were...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Ronel G
Gesin met tieners
5.0
'n Baie mooi uitsig van Houtbaai. Uitstekende diens gemerk met persoonlike aandag. Bederf met 'n snoesige japon en tuislike atmosfeer. DK Villas sien ...
Sien meer
Mei 2023
Jan C
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly in pragtige plek! Johann gaan uit sy pad om mens welkom te laat voel, boek jou persoonlik in en weer uit ook! Help selfs om die baga...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Johann Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 25

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 40, Eenheid 9, Harbour View, Houtbaai, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink DK Villas Harbour View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 190
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 190
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 40, Eenheid 9, Harbour View, Houtbaai, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ad751a951a9647ac0887b4dc1604a223a79e894dbec2ac65512ef0286fd14eef4207eb20a7fbcf23230d3c817bc39a8e6de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 190 per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 40 Main Road Unit Number, 9 Harbor View 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.043764394899 18.359620406082

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang