Dolfin House
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 28 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dolfynstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 520R2 268 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Dolfin House is 'n gerieflike, ruim selfsorg-eenheid op die grondvloer van die eienaar se woonhuis wat perfek in die prentjiemooi hawedorpie, Yzerfontein, aan die Weskus geleë is.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste badkamer is ruim en het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer is en suite.
Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer.
Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, stoof, oond, koffiemasjien, broodrooster, eierkoker en ingeboude kaste met eetgerei, breekware, potte en panne, asook braai-toerusting.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke en ‘n slim-TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Daar is ook WiFi.
Vir veiligheid is daar sekuriteitskameras aangebring aan die buitekant van die woning.
Daar is 'n wasmasjien op die perseel wat gaste kan gebruik indien hul langer as 2 dae bly.
Die leefarea lei na ‘n beskutte tuin met buite-sitplek met 'n hek. Gaste kan lekker afkoel in die swembad en heerlik kuier by die onderdakbraai-area. Let asb. daarop dat die swembad nie omhein is nie.
Daar is 'n omsetter vir die WiFi tydens beurtkrag, asook 'n gasstofie en ligte.
Die eenheid is baie sentraal geleë en stapafstand vanaf die hoofstrand en bekende 16 myl-strand, Yzerfontein sportklub, Rosmead Bakkery, winkels, restaurante, skoonheids- en haarsalon en net 50 m vanaf die karavaanpark.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Sonia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 93
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Dolfynstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Dolfin House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dolfynstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang