Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dolfyn 302

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan, La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R820 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Dolfyn 302 is 'n selfsorgwoonstel wat verblyf bied in 'n woonstelkompleks in die kusdorpie Hartenbos. Die kompleks is ideaal geleë naby veilige swemstrande, restaurante en winkelsentrums.

Hartenbos Waterfront waar daar verskeie restaurante en winkels is, is 450 m van die eenheid af en die naaste wandelpad langs die strand is net 400 m weg.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank, ideaal vir 2 kinders onder die ouderdom van 12.

Die goed toegeruste kombuis beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, wasmasjien en lugbraaier asook 'n tuimeldroër. Die leefarea lei na 'n omheinde balkon met 'n ingeboude braai.

Gaste het toegang tot gratis WiFi en gaste kan die slim-TV en hul eie intekeningbesonderhede gebruik om Netflix, Prime, DStv, YouTube en Showmax te stroom.

Gaste kan 'n verskeidenheid doendinge in die area geniet, soos swem, kajakvaart, snorkel, skubaduik, bootvaart, valskermsweef, gholf, voetslaan, putt-putt, museums en Jenewer-distilleerdery, asook Zipline. Daar is ook 'n verhitte binnenshuise swembad by die ATKV-sentrum.

Hierdie eenheid is op die derde verdieping en daar is ongelukkig geen hysbak nie.

Daar is parkeerplek onder 'n skadunet en die perseel word omring deur 'n hoë heining. Toegang is slegs deur 'n afstandbeheerde hek. Gaste kan ook die voetgangerhek gebruik om toegang tot die straat te kry, en hierdie hek word oopgesluit met 'n sleutel wat voorsien sal word.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Leaché L
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was 'n baie lekker tyd met my klein familie. Baie lekker tyd. Ons wou nie huistoe nie.
Sep 2024
Lesdigo B
Gesin met tieners
5.0
All you need in a nutshell. Relaxing, no stress environment.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Jacques R
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en rustig. Heerlike naweek gehad.
Aug 2024
Jannie S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik, stil en veilige omgewing. Winkels en ontspanningsgeriewe op jou deur. Stil, genotvol stil.
Jul 2024
Lisa Marie F
Gesin met tieners
5.0
Verfrissend, lekker en gesellig. Baie lekker gebly. Woonstel is tenvolle toegerus met alles wat mens nodig het vir 'n wegbreek. Goeie ligging, veilig,...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Port Natal-laan, La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dolfyn 302 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R820
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R820
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan, La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4QAwBnYNdI5s1KJoq5PsqICTHzLw88CICRUy74RR1FPbbrixFJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R820 per nag (plek vir 4) 54 5 1 5 Port Natal Avenue La Mer, 302 Dolfyn, Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.12891764096 22.112960938692

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang