Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Doloriet

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R4 960 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Doloriet is op 'n plaas sowat 8 km vanaf Clarens geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle doendinge en besienswaardighede, asook die winkels en restaurante van die dorp.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en kan tot 10 gaste op 'n slag akkommodeer. Die 2 slaapkamers, geleë op die eerste verdieping, het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Alle beddens het elektriese komberse vir die kouer, winternagte.

Daar is 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-kanale en 'n kaggel, en loop uit op 'n stoep met stoepmeubels.

Op die onderste verdieping het die derde slaapkamer 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook 'n sitarea met 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed.

Die kombuis op die grondvloer is toegerus met 'n stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n kaggel, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit het ook 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Die onderste area loop uit op die patio en 'n groot tuin met panoramiese uitsigte oor die berge. Dit het lieflike braaigeriewe op die patio waar gaste lekker saam 'n ete kan voorberei.

Vir gaste se gerief word die huis daagliks skoongemaak. Wi-Fi is beskikbaar.

Die plaas het 'n dam wat vol forelle is, en gaste is welkom om hul hengelgerei saam te bring.

Ander doendinge op die plaas sluit voetslaan en bergfietsry in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Franlize Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 284

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Doloriet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 960
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R4 960
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2Pcx0NAxXhDugPYU3mwjod9VT1elwNg5V033XOfCuBeAm9DNpy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 960 per nag, vir 10 mense 14 5 1 5 Doloriet Farm Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.543757892322 28.469528461055

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang