Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Doloriet

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R4 200 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Doloriet is op ‘n plaas ongeveer 8 km vanaf Clarens en bied gehalteverblyf aan ‘n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie doendinge, trekpleisters, winkels en restaurante.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 kamers en het slaapplek vir 10. Daar is 2 kamers op die boonste verdieping en elke kamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en 'n wasbak. Die beddens het elektriese komberse.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, ‘n TV met DStv, ‘n kaggel en lei na ‘n stoep met stoepmeubels.

Die derde kamer is op die onderste verdieping en het ‘n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook ‘n sitarea met 2 enkelbeddens en ‘n dubbelbed.

Die kombuis op die onderste verdieping is toegerus met ‘n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, kaggel, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n etenstafel met oorgenoeg sitplek.

Die onderste verdieping lei na ‘n stoep en ‘n groot tuin met ‘n panoramiese uitsig op die berge. Daar is braaigeriewe op die stoep.

Die huis word daagliks skoongemaak. Daar is ook WiFi.

Daar is ‘n plaasdam vol forel en gaste kan hul visstokke saambring.

Ander doendinge op die plaas sluit voetslaan en bergfietsry in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Area 1
Plek vir 4 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Franlize Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 275

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Doloriet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 200
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R4 200
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2Pcx0NAxXhDugPYU3mwjod9VT1elwNg5V033XOfCuBeAm9DNpy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 200 per nag (plek vir 10) 14 5 1 5 Doloriet Farm Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.543757892322 28.469528461055

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang