Dolphin Dunes Guesthouse
- Kapasiteit: 22 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buxton-keeromstraat, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
- Vanaf R1 640 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Dolphin Dunes is 'n gastehuis in 'n rustige omgewing wat uitkyk oor die manjifieke, ongerepte strande van Wildernis op die Tuinroete. Dit is in 'n stil en rustige doodloopstraat geleë en is omring deur parkagtige tuine. Dit bied oordeelkundige reisigers 'n geleentheid om die rustige atmosfeer en prag van Wildernis op 'n gerieflike en stylvolle wyse te ervaar.
Ons huis is elegant, dog ontspanne. Ontspan op die sondek wat op die see uitkyk en kyk hoe dolfyne in die branders baljaar, gaan wandel al langs die eindelose strand of in die woud of gaan roei jou kano in die strandmeer.
Andre and Mathilda se smaakvolle, moderne styl is oral in die nuwe vleuel te siene in die elegante afwerkings. Die kamers is ruim en pragtig gemeubileer en die aandag aan detail is voortreflik. Jou verblyf by Dolphin Dunes sal onvergeetlik wees. Ons gaste keer jaar na jaar na die Tuinroete terug!
Al die eenhede beskik oor satelliet-TV, 'n telefoon, 'n kroegie, 'n teeskinkbord, 'n haardroër en privaat buite-areas.
Kom geniet die natuurlike skoonheid van Wildernis waar die Tuinroete op sy beste is.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lettie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Buxton-keeromstraat, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink Dolphin Dunes Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 22 mense
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buxton-keeromstraat, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang