Dolphin Inn Guesthouse
- Kapasiteit: 22 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 75 Beach Pad, , Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dolphin Inn Guesthouse is in Mouille Point in Kaapstad geleë, 'n area wat veral bekend is vir sy skilderagtige roetes, strande, wynproe-geleenthede, staproetes, branderplankry en ikoniese besienswaardighede, waaronder Tafelberg, Kaappunt en Robbeneiland. Dolphin Inn Guesthouse is stapafstand van Kaapstad se sokkerstadion en daar is 'n aantal restaurante, delis en salonne binne loopafstand.
Verblyf is beskikbaar in 11 en suite-kamers wat geskik is vir 22 gaste. Daar is1 Deluxe-suite met 'n balkon wat spog met 'n uitsig oor die see, 'n volledig toegeruste kombuisie en 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Verder is daar 10 standaardkamers, elk met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Rook is verbode in die kamer en dié kamers het elk gemaklike beddens, 'n TV, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n klein werkstasie. Die kamers word daagliks skoongemaak.
'n Volledige Engelse kan bestel word en 'n verskeidenheid graanprodukte, vars seisoenale vrugte en sap, jogurt en brood is beskikbaar. Ontbyt is by die tariewe ingesluit en word bedien in 'n gemeenskaplike leefarea met uitsigte oor die oseaan en die promenade. Die promenade-area is gewild onder drawwers en fietsryers van vroegoggend tot laataand en is 'n uitstekende plek om na die dolfyne, walvisse en verbygaande bote te kyk.
Daar is gratis optiesevesel-internet in die hele gastehuis.
Nabygeleë doendinge en besienswaardighede sluit in die V&A Waterfront, swem, fietsry, voetslaan, wynproe, die akwarium, gholfspeel, kajakroei en valskermsweef. Die V&A Waterfront spog met talle wêreldklas-restaurante, winkels, bioskope, regstreekse vermaak, skilderagtige bootvaarte en die bekende Two Oceans-akwarium.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Paul Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 58
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- 75 Beach Pad, , Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Dolphin Inn Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mouille Point Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 22 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 75 Beach Pad, , Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang