Dolphin Whisper Premier House
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Lihanna Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 57
Op LekkeSlaap 9 jaar
Opsomming van Resensie
Jacqueline F - Okt 2023
Algehele gradering
Heerlike ou huis vir die groter gesin in 'n baie stil deel van die dorp.
Dolphin Whisper Premier House se terugvoer
Beste Jacqueline, baie dankie vir jul terugvoer, ons waardeer dit opreg. Baie dankie vir julle ondersteuning en dat julle sulke pragtige mense is. Vertrou ons sal julle weer sien. Liefde, Lihanna Greeff
Schalk V - Apr 2024
Algehele gradering
Onaangenaam.
Dolphin Whisper Premier House se terugvoer
Beste Schalk,
Baie dankie vir u terugvoer, ons waardeer dit opreg, en ook vir julle ondersteuning. Die braai wat julle gebruik het op stoep is gebou vir persone in rolstoel (plek so gekoop), neem aan was agv die reën dat julle nie buite braai gebruik het nie. Daar is met bespreking gesê dat TV nie aan is, en ons dit spesiaal aanskakel wanner kliënte inboek, dit is agv swak opvangs van TV sonder DSTV (Holiday Package). Neem aan u het onveilig gevoel, omdat vooraf gesê is dat u net te alle tye moet waaksaam wees agv die tye waarin ons land tans is, daarom het ons 'n alarmstelsel wat met sekuriteitsmaatskappy gekoppel is met paniek knoppie, en 'n sekuriteitsbeampte wat op perseel is voltyds. Het jammer gesê ivm sleutel, het seun gesë ivm met flitse, maar nagelaat om te sê om sleutel by sekuriteitswag te los of af te gee in posbus by gaste huis wanneer vertrek aangesien ons kerk bywoon op Sondae. Daar word ook gesê met bespreking dat toiletpapier slegs met aankoms ingesit word (dit is 'n self-sorg huis), maar gee nie om om ekstra te verskaf, soos ook genoem aan seun, ons is 'n oproep ver indien enigeiets verlang. Moet verskoning oor water in badkamer vra, sal nagaan, dalk pyp of water wat opstoot agv vreeslike baie reën. Liefde, Personeel
Vanessa S - Jan 2020
Algehele gradering
Very rejuvenating.
Magda D - Jan 2016
Algehele gradering
Baie rustig en uniek.
Dolphin Whisper Premier House se terugvoer
Baie Dankie, Magda Julle was baie goeie kliente wat ons ou huisie baie mooi opgepas het. Voorspoed vir julle voorentoe
Deon B - Aug 2016
Algehele gradering
Stowwerige vloere, gebrek aan eetgerei en glad nie tuis gevoel nie.
Dolphin Whisper Premier House se terugvoer
Goeie Dag Deoen,
Baie dankie vir jou terugvoer, ons waardeer dit opreg, ons neem alle kommetaar positief om onsself gedurig te verbeter.
Ek sal waardeer as jy dalk vir ons 'n voorgestelde lysie kan stuur op ons e-pos vir die tekort aan eetgerei, aangesien niemand dit voorheen aan ons genoem het nie.
Ook is ek jammer as julle nie welkom gevoel het nie, sal ook by jou wil hoor wat het julle so laat voel.
Aangaande die stowwerigheid, weet ons dit is Augustus en droog met wind, maar dit is nie 'n verskoning nie, ons sal nou meer deeglikker daarop let.
Nogmaal baie dankie vir julle ondersteuning en terugvoer, ons kyk uit vir jou e-pos, en jou Deposito word DV. terugbetaal vandag.
Groete,
Lihanna Greeff
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Parkstraat 16, Cullinan, Pretoria, 1000, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang