Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Domaine Sérénité

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verliesfonteinplaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Domaine Sérénité bied verblyf in bekoorlike selfsorgkothuise op 'n werkende privaat plaas in die berge, net 18 km van Clarens af. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek, ver van die besige stadslewe.

Verblyf by Domaine Sérénité word aangebied in 2 kothuise wat elk uniek en smaakvol versier is. Kothuis Goji is 'n afgesonderde eenheid met slaapplek vir 6. Die kothuis het 3 slaapkamers waarvan 1 'n solderkamer is. Studio Cubique het slaapplek vir 3 volwassenes en 1 kind.

Elke kothuis het 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg, 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n groot ingeslote stoep met ingeboude braaigeriewe.

Parkeerplek is beskikbaar in 2 motorhuise en daar is nog onderdakparkeerplek op die perseel vir 2 ekstra voertuie. Domaine Sérénité is omgewingsvriendelik en alle elektrisiteit word deur sonpanele en windmeul-turbines opgewek. Gas-geisers word gebruik om te verseker dat daar altyd warm water is.

Die vakansieplaas is net 20 minute se ry van Clarens se middedorp af, en om dit te bereik moet mens op ongeseëlde gruispaaie ry. Die omgewing bied majestueuse uitsigte oor die Lesothoberge in die verte.

Die Drakensberg-omgewing bied 'n verskeidenheid doendinge om almal besig te hou, insluitend kunsvlieghengel, voetslaan, perdry, 4x4-roetes en reptielskoue.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Theresa N
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste uitsig met netjiese skoon verblyf. Het heerlik gebly met mooiste uitsig. Ons gasheer was baie vriendelik en behulpsaam. Ons plek was so netjie...
Sien meer
Sep 2024
Tylo M
5.0
Spectacular, neat, great view, cozy. This was an amazing weekend! We loved every bit of our weekend and will definitely be visiting aga...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Elizabeth V
Saam met vriende
5.0
Privaat, na aan die natuur. Pragtig. Dit was 'n heerlike naweek. Genoeg vars lug en wonderskone natuur om terug te neem huis toe.
Apr 2024
Adrie O
Saam met vriende
5.0
Heerlik gestap en net gesit en die berge geniet! Pragtige uitsig na alle kante toe, staproete baie goed in stand gehou, gasvrou baie akkommoderend en ...
Sien meer
Mrt 2024
Charles P
5.0
Vriendelike ontvangs. Voel deel van die natuur. Heerlike stilte. Plek om jou sien. Dit was een woord: Asemrowend. You are great.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Huy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Verliesfonteinplaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Domaine Sérénité het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verliesfonteinplaas, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwMWFjZDczLTQ3NTMtNDhjZi04YTNkLTg5Y2YzMjBmMTA3Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 65 5 1 5 Farm Verliesfontein Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.582533843737 28.427732884884

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang