Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Doornkom

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bosbokstraat 497, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Doornkom is in Marlothpark geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het lugversorging, 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié 2 slaapkamers is op die boonste verdieping en het skuifdeure wat na die braai-area en stoep lei, wat reg rondom die huis strek. Die derde slaapkamer is op die grondverdieping en het ‘n koningingrootte-bed en lugversorging.

Die kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met Netflix en ‘n eetarea. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Daar is 'n kuierarea op die eerste verdieping met 'n ingeboude braai, 'n plonspoel, 'n Jacuzzi wat van koopkrag gebruik maak en waarvoor gaste self moet betaal, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Marlothpark grens aan die Krugerwildtuin en die naaste ingangshek is Krokodilbrughek. Besoekers het die geleentheid om 'n rits vrylopende wild raak te sien en kan ook voëlkyk, fietsry, stap en vierwielmotorfietsry. Die dorp bied ook 'n waterpark en 'n putt-putt-baan, sowel as basiese geriewe soos 'n drankwinkel, 'n restaurant, 'n bakkery, 'n kuriowinkel en 'n vulstasie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Dillon G
Saam met vriende
5.0
Good location and as shown in pictures. Great stay, as shown in pictures.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Melani J
Gesin met tieners
5.0
Ons gaan beslis weer. Ons het die verblyf geniet. Die jong manne was in hul noppies met die veerpyltjiebord, swembad en borrelbad. Die boonste braaipl...
Sien meer
Apr 2024
Jonathan S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ja, ons het baie lekker gebly.
Mrt 2024
Chris C
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Baie oulike plek, was so netjies en beslis waarde vir geld. Wonderlike diens. Ons het baie lekker gebly, wens ons kon langer bly. Die huis...
Sien meer
Sep 2023
Janneman V
Gesin met tieners
4.8
Lekkerste nog in Marloth. Beautiful plek wat ons vreeslik geniet het. Ruim kombuis en lieflike kuierarea.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

June Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 62

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Bosbokstraat 497, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Doornkom het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bosbokstraat 497, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2efb691423ee6ba4ad889af29ef575d126ec9d35c9b7f5d8c8fc85bbce3f53b7a36c3b833a060385dd731e965c2fbd5e7f87?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6) 21 5 1 5 497 Bosbok Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -25.37569 31.76081

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang