Doornkop Fish & Wildlife Reserve Unit 90
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Doornkop 420 JT, Carolina-streek, 1185, Mpumalanga
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Doornkop Fish and Wildlife Reserve Unit 90 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde huis met slaapplek vir 8. Die grasdakhuis is in die Doornkop-vis-en-wildreservaat in die Carolina-distrik in Mpumlanga geleë. Die reservaat bied vrede en rustigheid en 'n plek om saam met vriende en familie te geniet.
Die huis beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het koninggrootte-beddens en en suite-badkamers met 'n bad en stort in elkeen. Die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die 2 enkelbeddens kan in 'n koninggrootte-bed omskep word indien nodig.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond en stoof, en 'n mikrogolfoond. Die leefarea beskik oor 'n oopplan-sitkamer en -eetarea, en die huis het 'n kaggel, 'n TV met volledige DStv-kanale en 'n klankstelsel. Die leefarea maak oop na 'n patio met 'n buite-eet- en sitarea, asook 'n braai-area en plonspoel. In die tuin is 'n boma met 'n vuurput. Die huis word twee keer per dag skoongemaak.
Doornkop Vis- en Wildreservaat se klubhuis het gemeenskaplike swembad, tennisbane en 'n speletjieskamer vir gaste om te geniet. Daar is 'n klein winkeltjie wat basiese kruideniersware en vuurmaakhout bied.
Daar is baie doendinge in die reservaat beskikbaar, insluitend perdry, voetslaanroetes, bergfietsroetes, voëlkyk, kunsvlieghengel in enige van die 8 gevulde damme en wildritte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Hayley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Plaas Doornkop 420 JT, Carolina-streek, 1185, Mpumalanga
- Gaste dink Doornkop Fish & Wildlife Reserve Unit 90 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Carolina Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Doornkop 420 JT, Carolina-streek, 1185, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang