Drakensview Self Catering
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600 in die rigting van Ladysmith, Hillside Plaas, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Drakensview Self Catering Cottages is op 'n heuwel geleë, 3,5 km vanaf Winterton, en bied uitstekende, onbelemmerde uitsigte op die Drakensberge. Dié losstaande eenhede is modern en smaakvol versier en voorsien 'n ideale opsie vir diegene wat die aanpasbaarheid van selfsorg-verblyf verkies.
Die suite met 'n berguitsig het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die Gesinsuite het 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed vir 2 kinders, terwyl die en suite-badkamer 'n stort het.
Beide suite het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea met lugversorging het 'n TV met sekere DStv-kanale. Elke suite het 'n kroegie en 'n privaat stoep.
Buite het gaste toegang tot braaigeriewe en skaduparkering. Die skadustoep bied 'n uitsig oor die KwaZulu-Natalse landskap teen die agtergrond van die majestueuse Drakensberge en dit is ideaal vir 'n romantiese sonsondergang nadat die berg verken is. Spioenkop Natuurreservaat en baie meer is slegs 'n klipgooi weg.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Valita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 141
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- R600 in die rigting van Ladysmith, Hillside Plaas, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Drakensview Self Catering het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R600 in die rigting van Ladysmith, Hillside Plaas, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal