Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dream Inn

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Appelblaarstraat 922, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 880 R1 692 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Dream Inn in Marlothpark is op die oewer van die Krokodilrivier geleë en grens aan die Krugerwildtuin. Dit skuil in die bosveld waar diere vrylik rondbeweeg en gaste kan verwag om 'n boveldwegbreek met 'n tikkie luuksheid te ervaar.

Die lieflike selfsorghuis is geskik vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n diep bad, wasbak, toilet en 'n haardroër. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Sy en suite-badkamer het 'n stort, toilet, wasbak, wasmasjien en haardroër.

Die moderne kombuis is vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV en gaste het toegang tot gratis, onbeperkte WiFi.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met meubels en 'n Jacuzzi wat van voorafbetaalde elektrisiteit op gaste se onkostes gebruik maak. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring.

Die kuierarea het 'n privaat plonspoel en 'n ingeboude braai met 'n vuurpit en boma waarom gaste kan kuier.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Estelle D
Gesin met klein kinders
5.0
Dream Inn is beslis op ons top 5 lysie vir Marloth! Ons het so lekker gebly!
Jun 2024
Bonnie J
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike eenheid, baie netjies en skoon. Ons het dit so geniet, sal definitief die eenheid aanraai vir enige iemand. Rustig. Privaat. Skoon en netjies...
Sien meer
Feb 2024
Adele B
Gesin met tieners
5.0
Perfect, with everything and more that we could have asked for. The pre-arrival communications from the host were wonderful, down to th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Bonnie H
Gesin met tieners
5.0
Skoon en netjies. Die plek is baie skoon, baie goed toegerus en die privaat swembad en jacuzzi is heerlik.
Okt 2023
Marcia G
Gesin met tieners
5.0
Die nagapie elke aand klokslag om 18h is 'n hoogtepunt! Die huis is baie goed uitgelê en beplan. Sal vir seker weer besoek.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Renette Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 37

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Appelblaarstraat 922, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Dream Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 880
R 1 880 R 1 692
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 880
R 1 880 R 1 692
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Appelblaarstraat 922, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa187c88d9663af9618eb9a8c5546f823d4dc1ed6586e1d397a5f9aab20d365c05c138d7dfba5ab23a441d3a182df3731e0d8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 880 nouVanaf R1 692 per nag (plek vir 5) 17 5 1 5 922 Appelblaar Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -25.376668898431 31.764755947256

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang