Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dream Stop Guest Rooms

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reitzstraat 9, Die Bult, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Vanaf R550 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dream Stop Guest Rooms is in Die Bult-omgewing in Potchefstroom geleë. Die eiendom is ideaal geleë naby die Noordwes Universiteit en Mediclinic. Dit is stapafstand van die lewendige studente-area, restaurante, koffiewinkels en die Virgin Active-gimnasium af. Mooimed Privaat Hospitaal en Medicare Hospitaal is ongeveer 2 km weg en daar is 'n aantal gewilde besienswaardighede binne 'n 5 km radius.

Die twee gastekamers kan apart of saam bespreek word vir 'n groep van tot 4 mense. Die kamers is in 'n veilige aparte woonstel vanaf die hoofhuis met 'n privaat ingang. Hulle is ingerig met 2 enkelbeddens en elkeen het hul eie en suite-badkamer met 'n stort. Veilige, onderdakparkeerplek is ook beskikbaar vir voertuie, agter afstandbeheerde hekke.

Verder bevat elke kamer 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei, breekware en glase vir 2 gaste, 'n gemaklike rusbank, 'n werkspasie, gratis WiFi, 'n haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n gedeelde binnehof, met tafels en stoele vir die gaste om buite te sit as hulle wil.

Die gasheer en eienaar van Dream Stop, Jan, woon op die perseel en is beskikbaar indien gaste bystand benodig.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 127 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Cornel B
Saam met vriende
5.0
Oulike mense. Lekker gebly! Baie oulike plek.
Aug 2024
Thys T
Saam met lewensmaat
5.0
Nice place, owner is a nice person. My stay was awesome and the rooms are clean. The owner welcomed us nicely.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Anel C
Saam met lewensmaat
5.0
Ideaal vir 'n oornag bly. Ons het baie lekker gebly. Gasheer het ons baie vriendelik ontvang. Plek is ruim, skoon en veilige parkering is beskikbaar.
Jun 2024
Belinda B
Gesin met tieners
5.0
Best relaxing time. My daughter and I felt so safe and comfortable staying at the accommodation. Jan was not intrusive, and I was amaze...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
P O
5.0
Lekker, veilig, skoon, waarde vir geld. Baie lekker gebly, skoon en netjies en het veilig gevoel. Jan het ook gereeld ingecheck. Ligging is perfek.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 127

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Reitzstraat 9, Die Bult, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Dream Stop Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reitzstraat 9, Die Bult, Potchefstroom, 2520, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXydEAgeYKnes2u1htTRGdKB8aKtV0ZSGTATF4vw1UOLLP0eAjX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag, vir 2 mense 127 5 1 5 9 Reitz Street Die Bult 2520 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.6937 27.08548

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang