Dreamriver Guest House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Long-straat 38, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
- Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Dreamriver Guest House bied gastekamers en is op die oewer van die pragtige Vaalrivier in Warrenton, sowat 70 km vanaf Kimberley, geleë. Die gastehuis is die ideale basis vanwaar jy die besige stadslewe kan ontsnap en lieflike uitsigte oor die rivier en die pragtige Noord-Kaapse sonsondergange kan geniet.
Akkommodasie by Dreamriver Guest House bestaan uit verskeie individueel versierde kamers, eenhede en hutte wat tussen 2 en 6 gaste kan akkommodeer.
Kamers 1, 2 en 3 is in die Middelhuis geleë en kan apart deur verskillende gaste of saam vir 'n groep van 6 gaste gehuur word. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer en beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Dié huis het 'n lieflike volledige kombuis en oopplan-eetkamer en -sitkamer.
Eenheid 4 en 5 is twee houthutte. Elke hut kan 3 gaste akkommodeer en is ingerig met 'n dubbelbed en enkelslaapwa (ideaal vir 'n kind). Elke hut het 'n privaat badkamer. Eenheid 4 het 'n stort, terwyl Eenheid 5 'n bad het. Elke hut het 'n kombuisie met basiese toebehore, insluitend 'n mikrogolfoond, ketel, yskassie en wasbak en 'n slim-TV. Albei hutte het 'n lieflike stoep met 'n piekniekbank. Gaste kan buite sit of hul ontbyt daar geniet wat oor die tuin uitkyk.
Eenheid 9 is 'n moderne selfsorg-luukse woonstel wat met 'n dubbelbed ingerig is. Die eenheid het 'n en suite-badkamer, 'n volledige kombuis met basiese toebehore, insluitend 'n mikrogolfoond, oond, stoof, yskas en ketel, en 'n oopplan-leefarea met 'n etenstafel en 'n sitkamer met 'n slim-TV. Dit het 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens, wat hierdie eenheid ideaal maak vir 'n gesin van 4. Hierdie eenheid is langs die swembad en lapa met braaigeriewe.
Dreamriver het 'n omskakelaar en sonnestelsel, so gaste word nie aan die ongemak van beurtkrag blootgestel nie. ’n Boorgat met Jo-Jo-tenks en drukpompe verseker dat gaste nooit ’n watertekort ervaar nie.
'n Stewige ontbyt en ander heerlike etes kan vanaf 'n à la carte-spyskaart bestel word. Etes word in die privaatheid van jou kamer vir jou gebring en kospakkies kan ook gereël word. Die kombuis sluit om 18:00 - maak seker dat jy betyds reël as jy aandete wil geniet.
Die gastehuis bied gratis onbeperkte WiFi-toegang, 'n swembad en braaigeriewe. Wasgoeddienste is beskikbaar asook veilige onderdakparkeerplek.
Gaste kan gaan visvang, kanovaart of voëlkyk langs die rivier. Daar is inwonende hoenders, eende, perde en vier wit Springbokke wat ook op die eiendom woon.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniek-middagete
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Blaaibord
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Suria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Long-straat 38, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
- Gaste dink Dreamriver Guest House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Warrenton Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Long-straat 38, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang