Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dressage Close Bed & Breakfast

B&B
Langtermynverblyf-aanbod 45% af

Kry 45% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dressage-keeromstraat 4, Constantia, 7806, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 190 R655 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dressage Close Bed & Breakfast bied lieflike oornagverblyf in 'n stil doodloopstraat in die middel van die Constantia-vallei in Kaapstad. Die eiendom spog met 'n lowerryke tuin wat 'n buitelug-kuierstoep omring. Daar is ook 'n swembad.

Verblyf is beskikbaar in 6 gastekamers waarvan 3 en suite-badkamers het en gaste in die ander 2 kamers deel 'n badkamer. Al die slaapkamers is op die boonste verdieping en elke kamer het 'n koningingrootte-bed. Ander geriewe in elke kamer sluit 'n waaier, gratis WiFi en 'n TV in.

Daar is 'n knus gastesitkamer op die onderste verdieping en dit het 'n kaggel en 'n eetarea waar 'n Kontinentale ontbyt-buffet elke oggend tussen 08:00 en 10:00 beskikbaar is. Die kombuis het 'n yskas met 'n verskeidenheid koeldranke en alkoholiese drankies. Indien gaste hiervan gebruikmaak sal die ekstra koste by die betrokke kamer se rekening gevoeg word.

Gaste kan 'n drankie geniet op die sonstoele langs die swembad. Langsaan die swembad is daar 'n warmbad met 'n pasgemaakte sitarea waar gaste heerlik kan ontspan. Die eiendom het ook 'n omskakelaar wat verseker dat die ligte en TV's in al die kamers aan bly tydens beurtkrag. Gratis WiFi is beskikbaar.

Constantia het 'n verskeidenheid restaurante, wynplase, kroeë en winkelsentrums. Die gastehuis is ook net 'n kort entjie se stap vanaf Uitsig Wynlandgoed, Uitsig Fietspark en 'n Virgin Active-gimnasium.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Dressage-keeromstraat 4, Constantia, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 190
R1 190 R655
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 190
R1 190 R655
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dressage-keeromstraat 4, Constantia, 7806, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9790cee1aa66c9cd2cebf9994b016e7b25e2620ec06c3137def473bc99f48784a580095e5f6df130f8b263f74fe8a9d83578?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 190 nouVanaf R655 per nag (plek vir 2) 4 Dressage Close Constantia 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -34.0435782 18.4312906

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang