Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Driftwood 4

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg 56B, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 712 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Driftwood 4 is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks wat bederf met 'n asemrowende see-uitsig. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin wat op soek is na 'n kuswegbreek aangesien die kompleks reg op die strand is en 'n sprankelende swembad op die perseel het.

Dié woonstel op die eerste verdieping bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, 'n sleutelkluis, slim-TV en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het ook direkte toegang tot die balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. 'n Bad en stort is beskikbaar in die tweede badkamer, terwyl die derde badkamer 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser en wasdroër-kombinasie is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv en Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie sitkamer maak oop op 'n sonnige balkon met buitemeubels, sonstoele en 'n gasbraai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembadarea en tennisbaan op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Ballito
Accommodation ...

Eiendomme 100+

Resensies 145

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Compensation Beach-weg 56B, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 712
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 712
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg 56B, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd45edfa0801e7b4404eb2fe686a8dc3f77f0188ada82d6e0600953e8f725a0bbacc8deccc1c8bf7b8890a0ee7b5e93b4c24c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 712 per nag (plek vir 6) 56B Compensation Beach Road Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.540800107396 31.218046851659

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang