Duck's Nest
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Stasiestraat 17, Malelane, 1320, Mpumalanga
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Duck's Nest is 'n gerieflike selfsorgeenheid met 'n privaat ingang op die eienaars se perseel in Malelane. Die eiendom is 8 km vanaf die Krugerwildtuin se Malelane-hek en die ideale basis vanwaar die Laeveld en die Panoramaroete verken kan word. Mosambiek en Swaziland se grense is ook net 'n klein entjie se ry ver.
Die eenheid is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel die badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, gasoond, broodrooster, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste. Warm water word deur gasgeisers voorsien. Die sitarea het lugversorging, 2 slaapbanke vir 2 kinders en 'n platskerm-slim-TV met DStv. Die maksimum kapasiteit vir gemaklike verblyf is 4 gaste, maar indien nodig kan 4 volwassenes en 2 kinders geakkommodeer word.
Daar is sonpanele 'n omsetter en batterye wat alles behalwe die lugversorging gedurende beurtkrag kan aanhou. Die dakwaaiers sal ook op die omsetter werk gedurende beurtkrag. die ligte, TV en WiFi aanhou.
Die eenheid het sy eie ingeboude buitebraai-area en 'n Weber-braai. Daar is buitesitplek, en gaste het toegang tot die swembad. Veilige en privaat parkeerplek is beskikbaar agter 'n elektroniese hek. Daar is ook sekuriteitskameras en sekuriteitstrale.
Vir kranige gholfspelers is daar die Malelane Gholfbaan en die eksklusiewe Leopard Creek Gholfbaan slegs 6 km ver.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Joy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Stasiestraat 17, Malelane, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Duck's Nest het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Malelane Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Stasiestraat 17, Malelane, 1320, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang