Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Duifieklip

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hannasbaaisingel 18, Hannasbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 750 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Duifieklip is 'n seefront-strandhuis in Hannasbaai, St Helenabaai. Dit is klipgooi vanaf die hoogwatermerk en stapafstand (50 meter) vanaf die huis deur die veld-tuin na die strand.

Duifieklip is ideaal vir groepe van tot 6 volwassenes, en gesinne met kinders.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers met dubbelbeddens en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en het elk 'n en-suite badkamer met 'n stort. Die derde kamer is op die grondverdieping en het ook 'n en-suite badkamer met ’n bad, en 'n stort in die gaste-badkamer reg langsaan.

Daar is nog 2 addisionele losstaande enkelbeddens in 'n klein anneks langs die TV-kamer op die boonste verdieping.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, lugbraaier (Air Fryer), espresso koffiemasjien, Nespresso-koffiemasjien, melk-skuimer en skottelgoedwasser, potte, panne, eetgerei en ander kookgerei.

'n Wasmasjien, tuimeldroër en 'n addisionele yskas is in die motorhuis.

Die sitkamer sluit aan by die eetarea (met 'n beskik ruim etenstafel), langs die oopplan kombuis.

Die binnehuise leefarea lei na 'n buite onderdak stoep met 'n ingeboude braai en stoepmeubels.

Die stoep bied 'n uitsig oor die veldtuin en see, waar ’n groot aantal voëlspesies te siene is. Gelukkiges sien gereeld dolfyne en walvisse (en robbe) vanaf die huis.

Duifieklip het 'n besonderse ligging, wat direkte toegang bied tot die strand, poele en rotse, en is besonder kindervriendelik. Dit is ‘n ideale familie-bestemming, waar gaste met die intrapslag tuis kan voel.

Die eiendom is nie troeteldiervriendelik ingerig nie (die eiendom is nie omhein nie), maar versoeke word geredelik oorweeg. Honde moet egter beheer word, en mag slegs aan 'n leiband op die strand wees.

Duifieklip is "geraas-sensitief"; op grond van 'n wedersydse verstandhouding met bure.
Dit is beperkend mbt blaffende honde, die speel van musiek buite die huis en onredelike luidrugtigheid.

Daar is verskeie restaurante en winkels in die omgewing. Aankope kan gedoen word by die Spar, sowat 1 km vanaf Duifieklip en probeer gerus die vis-en-chips by BP Marine wegneem of ontbyt by die See Ster Restaurant by die Palm-sentrum.

Doendinge sluit in kajakroei, voëlkyk, stap, draf, visvang, swem, duik en bergfietsry . Daar is ook verskeie plekke om te besoek; insluitend Velddrif se bokkombedryf en die plaaslike restaurante, bootritte op die Bergrivier, of die fossielpark op die Hopefieldpad.

Alle aktiwiteite by Duifieklip word op eie risiko onderneem; spesifiek insluitende kajak-roei, swem en loop/klouter op rotse.

Gaste het toegang tot DStv Explora Premium-pakket, Netflix en onbeperkte internet.

Duifieklip het 'n omsetter (inverter) en batterye, met sonpanele.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Leefarea

2

2 x Kinderbed vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Charmaine B
Saam met vriende
5.0
Well equipped, beautiful home. Little heaven at Duifieklip. Excellent stay. Our stay was amazing!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Angus G
Gesin met tieners
5.0
Simply stunning! The accommodation is beautifully situated with no shortcomings. If anything, it is over and above well equipped! It fe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Winrie S
Gesin met klein kinders
5.0
Wel ingerigte, gemaklike, pragtige familie vakansiehuis reg op strand. Hulle maak voorsiening vir klonte met 'n veiligheidshek en kampkot. Die huis is...
Sien meer
Aug 2024
Adri H
Saam met vriende
5.0
Heerlik. Baie lekker gekuier, sal beslis weer gaan.
Apr 2024
Michelle B
5.0
Super comfortable, well equipped, gorgeous natural location on the ocean. My parents, brother and I stayed at Duifieklip for one week a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dierdre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hannasbaaisingel 18, Hannasbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Duifieklip het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 750
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 2 750
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hannasbaaisingel 18, Hannasbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA375e565d1e4779253dcacc9a58ec497d08b794f696e732977043cd00a1032aa916b4511dbc0271885315672e695f608362f2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 750 per nag (plek vir 8) 60 5 1 5 18 Hannasbaai Crescent Hannasbaai 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.753146 18.019635

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang