Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Duiker Lodge, Ditholo Wildlife Estate

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromdraai-weg 564-KQ, Klippoortjie-plaas, Kromdraai, 0850, Limpopo
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Duiker Lodge is op die Ditholo Wildlife Estate geleë. Dié landgoed van 100 ha is 'n ongerepte, inheemse Afrika-woud wat op 'n volhoubare wyse 'n tuiste vir 'n verskeidenheid fauna en flora bied. Die landgoed is in die hartjie van Limpopo teen die pragtige uitspansel van die Waterberge geleë.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens op die solder en die derde slaapkamer is 'n solderkamer met 3 enkelbeddens. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak en dit lei via skuifdeure na 'n houtdek. Daar is ook 'n aparte badkamer met 'n toilet, stort-oor-bad en 'n wasbak.

Die huis beskik oor 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, elektriese oond en 'n gasstoof toegerus. Die sitarea het 'n L-vormige rusbank en die eetarea het 'n ingeboude braai en 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n swembad en 'n boma.

Die reservaat bied verskeie stap-, fiets- en wildkykroetes en daar is 'n restaurant, kroeg en 'n spa op die perseel. Die Ditholo Wildlife Estate is die perfekte boswegbreek net 230 km vanaf Johannesburg.

Die omliggende gebied is vol wildplase, jagplase en gholfbane. Dit is 30 minute se ry vanaf die Zebula Gholfbaan, Elements Gholfbaan en die Euphoria Gholfbaan. Vir die jongspan is daar die Aventura Waterpark in Bela-Bela, asook Walking with Elephants in Zebula of die kans om leeus te voer in die Mabalingwe Natuurrreservaat.

Kamer-opset

Slaapplek vir 9 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jayde W
Gesin met klein kinders
5.0
Tranquil and beautiful. We had a lovely stay, the place was neat and tidy. The hosts were attentive and extremely helpful. We will defi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Hassan C
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing experience, loved the accommodation. We had an amazing stay, definitely will be coming back. Accommodation was great and very c...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Marinda K
Saam met vriende
5.0
Uitstekend! Die huis was modern en ruim, linne was skoon en gemaklik, alles wat ons nodig gehad het was daar. Ons het ons tydjie terdee geniet
Nov 2023
Ester S
Saam met vriende
4.8
Aangenaam. Heerlik gekuier. Pad onbegaanbaar met sedan. Bakkie of 4x4 sal geen probleem hê.
Jun 2024
Michelle V
Saam met vriende
4.6
Ongelooflik, mooi, peaceful. Duiker Lodge is so mooi en goed vir die siel. Dit is lekker privaat, netjies en stylvol. Ons sal dit beslis weer besoek.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Ulene Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 81

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kromdraai-weg 564-KQ, Klippoortjie-plaas, Kromdraai, 0850, Limpopo
  • Gaste dink Duiker Lodge, Ditholo Wildlife Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromdraai-weg 564-KQ, Klippoortjie-plaas, Kromdraai, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd21b37babaa8733fa4bbf367ef731114cf8f702e2a1e7fb870f2c9dfbe8d452ba3c8e4df63161b5761706dae5b33c3d0ffcf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 9) 40 5 1 5 564-KQ Kromdraai Road Klippoortjie Farm 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.969257401351 27.918131947517

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang