Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Duinerosie

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Galjoenstraat 1, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Duinerosie is 'n losstaande selfsorgkothuis net 200 m van die ongerepte, wit strand af in Dwarskersbos. Dit is heerlik om langs die strand te gaan wandel of met laaggety fiets te ry.

Duinerosie is volledig toegerus en het sy eie ingang. Die kothuis het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n enkelbed in die leefarea en linne word voorsien. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, wasmasjien, eetgerei en breekware. Die ruim leefarea het 'n TV met DStv. Daar is 'n privaat braai-area buite en veilige parkeerplek is beskikbaar. Die kothuis het ook 'n groot binnehof vir kinders om in te speel en is troeteldiervriendelik vir 2 klein, goed gemanierde honde. Ander geriewe sluit 'n lapa op die strand in waar jy heilsame maaltye of skemerkelkies kan geniet terwyl jy die asemrowende sonsondergange van die Weskus aanskou.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Stort

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Edith S
5.0
Heerlike Weskus kuier met gerieflike verblyf. Ons het baie lekker gekuier in Dwarskersbos. Die verblyf was baie netjies en goed toegerus. Heerlik rust...
Sien meer
Feb 2024
Riaan H
Gesin met klein kinders
5.0
Veilige en stil omgewing, naby die strand, troeteldiervriendelik. Ups vir beurtkrag. Al wat ons bietjie gemis het was WiFi.
Feb 2024
Nicolette S
Saam met vriende
5.0
Rustig en ontspanne. Heerlik gerus, alles in blyplek.
Feb 2024
Manfref P
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker lekker lekker. Dit was uitstekend en rustig.
Jan 2024
Charl H
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike en rustige plekkie weg van die stad se gejaag. Met ons aankoms was ons verbaas oor hoe groot en mooi ingerig die huisie was. Alhoewel die bra...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Calima Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Galjoenstraat 1, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Duinerosie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Galjoenstraat 1, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9e80bca7e011657ae26f1b6da283f30a430ecda78f6eac8ca14c10ab77d67370dc8a35439fcb5134a0594ea4342c0edfe040?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5) 44 5 1 5 1 Galjoen Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.690789 18.237399

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang