Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dullstroom Country Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Harmony Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dullstroom Country Cottages bied selfsorgkothuise op 'n plaas sowat 8,5 km van Dullstroom af. Dit is tussen heuwels en eikebome wat dit die ideale basis maak om die platteland te verken.

Verblyf word in bekoorlike kothuis en houthuise vir tussen 2 en 8 gaste gebied. Elke eenheid het slaapkamers met gerieflike beddens en ’n badkamer met ’n bad en stort. Elke eenheid het ook ’n privaat kombuis wat met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is knus leefareas met kaggels.

Die Mustard Seed-kothuis, Peppercorn-kothuis en Hatch End is troeteldiervriendelik en die verblyf is omhein vir honde se veiligheid. Troeteldiere is welkom teen ’n ekstra koste. Ongelukkig is troeteldiere nie welkom by die Wittebroodsuite, Crofts, Picinic-kothuis of Bhembe nie.

Gaste kan op die plaas stap, draf of fietsry of net op hulle privaat stoep sit en voëlkyk. Daar is ook verskeie idilliese piekniekareas, so bring 'n mat en mandjie om die dag onder die eikebome deur te bring. Die plaas het ’n groot dam waarin gaste kan visvang en daar is verskillende visvangpakkette op versoek beskikbaar. Gaste is welkom om hul eie visvanggereedskap saam te bring.

Dullstroom het verskeie winkels en restaurante en ’n wye reeks aktiwiteite, soos visvang en voetslaanroetes. Gaste kan die Dullstroom Natuurreservaat, Steenkampsberg Natuurreservaat en die Verloren Vallei Natuurreservaat besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Anel R
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek, skoon, en lekker eenkant tussen bome. Baie lekker gebly. Pragtige plek, skoon, en lekker eenkant tussen bome. Die kaggel maak die hele ...
Sien meer
Aug 2024
Jean-francois D
Saam met lewensmaat
5.0
Privaat en skoon. Die verblyf is baie privaat. Dit is so opgestel en ingerig dat jy met niemand in persoon hoef te ontmoet nie. Baie lekker verblyf!
Jul 2024
Christine B
Gesin met klein kinders
5.0
Beeste plek ooit. Wow wow wow. Ek het eintlik nie woorde nie. Mooiste plek, sal enige tyd weer gaan. Sal 100 keer aanbeveel.
Jun 2024
Celeste F
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Héérlik gekuier, rustig en pragtige omgewing. Vriendelike diens en goeie kommunikasie. Sal beslis weer daar gaan bly.
Mrt 2024
Natasha M
Saam met lewensmaat
5.0
Restful, beautiful and worth it. Was a great getaway from city life. Enjoyed beautiful walks to different spots on the farm. Did not ex...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Bronwen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 75

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Langs die R540, Harmony Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Dullstroom Country Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Harmony Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7c013824a0ba2e59f670af8f86c2ebb1c2ade73e2fc42e7e99a27a577fd2abfe6b019a38827933abf017d75edcecca4c63dd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 75 5 1 5 Off the R540 Harmony Farm 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.358095270031 30.159313529611

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang